Leeus vry ook na Alberts

Willem Alberts. Foto: Facebook.

Reg, die ervare Jannie du Plessis en die opwindende Carlu Sadie is reeds in die sakkie. Nou vry die Leeus ook na die dienste van Willem Alberts.

Die Johannesburgers is sonder die dienste van staatmakers soos onder andere Kwagga Smith, Ruan Combrinck, Harold Vorster, Warren Whiteley en Malcolm Marx vir die 2020-Superrugbyseisoen en die 35-jarige oudleerling van Hoërskool Monument in Krugersdorp kan net die nodige doepa wees wat die Leeus benodig.

Die “Bone Collector”, soos wat hy in die rugbywêreld bekendstaan, só gedoop omdat hy spelers kliphard kan plettervat, speel deesdae sy rugby vir Stade Francais in Frankryk.

Maar dié Franse klub beleef ’n nagmerrie-seisoen en Alberts sal dalk wil terugkeer na die unie waar sy rugby destyds begin speel het.

Die losvoorspeler van 1,92 m en 120 kg het 43 toetse vir die Springbokke gespeel en het ook vir die Haaie uitgedraf voordat hy homself in Europa gaan vestig het.

  • Intussen het Kwagga Smith ’n driekuns van drieë vir sy Japanse klub, Yamaha Júbilo, gedruk in hul sege van 29-27 oor Toulouse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frans C ·

Sylvian Mahuza, Madosh Tambwe, Ruan Combrinck, Harold Vorster, Lionel Mapoe, Nic Groom, Kwagga Smith, James Venter, Stephan Lewies, Lourens Erasmus, Malcolm Marx, Robbie Coetzee and Jacobie Adriaanse is van die spelers wat weg is.

Of klubs Marx en Smith beskikbaar gaan stel vir die Super 15 is nie duidelik nie.

Frans C ·

Hoekom is dit so moeilik om vas te stel wat die samestelling van Suid Afrika se super 15 spanne is,terwyl die NZ-spanne reeds beskikbaar is.Is dit nie die rede waarom Suid Afrika
so swak vaar in die kompetisie omdat ‘n span soos die Leeus nog steeds besig is om te werf om die spelers te vervang wat hy die afgelope drie jaar verloor het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.