Leeus wys hulle diepte teen die Kavaliers

Ruan Ackerman , man van die wedstryd uit die slotposisie. (Foto GB Jordaan)

Ruan Ackerman, speler van die wedstryd uit die slotposisie. (Foto GB Jordaan)

Die Goue Leeus het ondanks die baie veranderinge na verlede week se neerlaag teen Griekwas, die Boland Kavaliers op Ellispark kis gespeel en 60-12 gewen.

Daar was niks verkeerd met die manier waarop die Boland Kavaliers die aanvanklike aanvalle van die Goue Leeus gestuit het nie, maar as daar een ding is wat hulle uit die neerlaag sou wys geword het is dat volgehoue verdediging en ʼn goeie deel van die besit uiters belangrik is.

Hulle het goed begin, ingeklim, durf gewys, maar was eintlik deurmekaar en sonder rigting toe die Leeus werklik hulle voete vind.

Tot in daardie stadium het die Leeus  twee drieë in die eerste 13 minute gedruk maar is hulle vasgevat tot die volgende een wat eers na 30 m inute gedruk is.

Die rustydtelling was 27-12.

Die span van Howard Mnisi het eindelik nege drieë gedruk, net twee afgestaan en in elke faset van die spel oorheers. Hulle het soveel besit gehad dat hulle gelukgewens moet word dat hulle grootliks hul struktuur behou het toe dit maklik sou wees om uit te rafel.

Wat die Goue Leeus se afrigtingspan sou geleer het, is dat daar hope jong talent is wat binnekort op ʼn hoër vlak losgelaat kan word. Daar was elf in die opdrafspan wat nie in die verloorwedstryd teen Griekwas gespeel het nie,

Daar was ʼn hele paar uitblinkers, met Ruan Ackermann wat as slot soos ʼn losvoorspeler tekere gegaan het, en die vaskopflank Victor Sekete wat veral die oog met puik aansluitingswerk gevang het.

Maar dit sou onregverdig wees om manne uit te sonder. Wat weer bewys is, is dat die saamoefen met een patroon vir die Leeus vrugte afwerp, en dit word gestaaf deur die pragtige drieë waar hantering tussen voor- en agterspelers opgeval het.

Puntemakers –

Goue Leeus (27) 60: Drieë: Selom Gavor 2, Anthony Volmink, Dillon Smit, Jacques Nel, Victor Sekekete, Howard Mnisi, JW Bell, Dylan Smith. Doelskoppe: Marnitz Boshoff 6. Strafdoel: Boshoff.
Boland Kavaliers: (12) 12: Drieë: Joubert Horn, Wayne Wilschut. Doelskop: Theuns Kotze.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.