Ligbloues se gewese Springbokvleuel oorlede

Robert Twigge (Foto: Noord-Transvaal 50)

ʼn Gewese Springbok-vleuel uit die destydse Noord-Transvaal, Robert Twigge, is op 1 Julie oorlede, laat weet Johanna de Vos.

Twigge se enigste toets was in 1960 toe Skotland geskiedenis gemaak het deur die eerste kort toer op internasionale vlak te onderneem, en Suid-Afrika die toets in Port Elizabeth met 18-10 gewen het.

Hy was die voorste driedrukker toe die Junior Springbokke die vorige jaar deur Argentinië getoer het.

Twigge het in elk van die ses wedstryde waarin hy gespeel het, gaan druk, en sy 14 drieë het twee vierkunste ingesluit. Die een was teen Rosario en die ander in die tweede “toets” teen Argentinië, wat die Junior Bokke met 20-6 gewen het.

Hy het van 1959 tot 1962 nege keer vir Noord-Transvaal gespeel.

Twigge het destyds vir Silverton gespeel, indertyd ʼn krag in die Noord-Transvaalse Carltonliga.

Hy is op 24 Julie 1936 gebore, en sou binnekort 81 word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.