‘Ligte’ skorsing ʼn kwaai slag vir Bulls

Pierre Schoeman – in aksie teen die Goue Leeus (Foto GB Jordaan)

Selfs die betreklik ligte skorsing van een van hul uitblinkers is ʼn kwaai slag vir die Bulls, wat die afgelope tyd ʼn belowende opswaai in die Superrugbyreeks getoon het.

Die stut Pierre Schoeman is vir ses weke deur ʼn Sanzaar-vuilspelkomitee geskors nadat hy op grond van ʼn uitwysing skuld erken het dat hy ʼn teenstander gebyt het.

Hoewel dit aansienlik ligter is as die 18 maande wat die Springbokstut Johan le Roux geskors is nadat hy die All Black-kaptein Sean Fitzpatrick gebyt het, of die ses maande wat Kevin Yates (London Scottish) vir ʼn soortgelyke oortreding opgelê is, is dit nietemin ʼn swaar slag vir die Bulls.

Die Pretoriase franchise het sy jongste drie wedstryde gewen, en Schoeman was een van die uitblinkers wat die grondslag daarvoor gelê het. Hy word selfs as ʼn moontlike Bokstut bestempel.

Sy skorsing tot Saterdag 2 Junie beteken hy loop deurslaggewende kragmetings teen die Highlanders (Loftus Versfeld), Stormers (Nuweland), Sharks (Loftus), Jaguares (in Argentinië) en die Brumbies (Loftus) mis.

Dis ʼn skrale troos dat die Bulls op 2 Junie ʼn loslootjie het.

Veral teen die Stormers en die Sharks verbeur Schoeman ook belangrike kanse om sy kleim in die Bokspan af te steek.

Luidens Sanzaar se verklaring het die komitee beslis die oortreding regverdig ʼn skorsing van 12 weke, maar met inagneming van Schoeman se vroeë skulderkenning, sy goeie karakter, goeie dissiplinêre rekord en berou, is dit tot ses weke versag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

johnas ·

AI TOG HOE DOM KAN JY WEES DIE MANNE LUISTER NET NIE,KAMERAS ORAL MAAR DROOG MAAK SAL HULLE.
SORRY MAAR DIT IS JOU VERDIENDE LOON.

rollie ·

Baie gelukkig om so lig daarvan af te kom. ‘n Gebytery was nog altyd as ‘n baie ernstige oortreding (selfs in die amateur-era) beskou. Eintlik ‘n skande, so ‘n speler behoort nie as ‘n Bok oorweeg te word nie.

DHK ·

As Schoeman bo die Aussie was toe hy hom gebyt het is sy aksie onverskoonbaar en sy straf hopeloos te lig. Was die Aussie straks met sy maag bo-op Schoeman se gesig en die res van sy (Schoeman) lyf vasgedruk, het hy dalk uit noodweer hom gebyt. Ek het nie die voorval gesien nie en weet dus nie wat die presiese omstandighede was nie. Die veroordelende en slimjan-kommentators moet miskien eerder ‘n bietjie besin alvorens hulle kommentaar lewer…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.