Limpopo-Bulle se nuwe superliga skop af

Die Limpopo Blou Bulle se nuwe superliga wat krag teen krag meet, skop Saterdag met drie wedstryde af.

Attie Buitendag, die streek se amateur- en klubrugbybestuurder, het vroeër aan Pale Toe! gesê dis ’n proefneming om klubrugby in die gebied te bevorder.

Die twee sterkste Waterbergse klubs, Potgietersrus en Northam, speel saam met die vier sterkste Noordelike klubs (Noordelikes, Pietersburg, Louis Trichardt en Letaba) in die reeks.

Potgietersrus, wat Pietersburg Noordelikes verlede jaar ná agt jaar as die streek se kampioen onttroon het, speel tuis teen Louis Trichardt en behoort gerieflik te wen.

Northam Rhinos, wat die streek in die internasionale reeks om die Goue Beker verteenwoordig het, speel tuis teen die kombinasie Pietersburg/Dendron en sal na verwagting ook nie sukkel nie.

Noordelikes, wat gasheer vir Letaba speel, is ook in sý geval die gunsteling om te wen.

Ander wedstryde –

Noordelike Reserweliga

Pietersburg III teen Universiteit van Limpopo; Phalaborwa teen die Universiteit van Venda; Mankweng teen Seshego.

Waterberg-reserweliga

Amandelbult teen Kwaggas (Warmbad); Nylstroom ten Phagameng; Mogol teen Thabazimbi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.