Limpopo-superliga se halfeindstryde beslis

Die eerste halfeindstryde van die Limpopo Blou Bulle se Boet Fick- Senior Liga vind Saterdag in die ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane plaas.

Die liga is vanjaar ingestel om krag teen krag in die streek teen mekaar te staan te bring, en het die Waterbergse klubs Northam en Potgietersrus by die voorste Noordelike klubs gevoeg.

Albei se vertoning in die reeks het die besluit geregverdig, en hul eerste sowel as tweede spanne het die halfeindronde gehaal.

Potties se eerstespan speel Saterdag 16:40 teen Pietersburg Noordelike, en Northam pak Letaba 18:10.

Wat die tweedespanne betref, speel Noordelike 14:00 teen Potties, en Northam 15:20 teen Louis Trichardt.

In die reeks tussen die Waterberg se tweedevlakspanne speel Amandelbult I Vrydag teen Northam III in die eindstryd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.