Limpopoliga: honderdtal kos Noordelikes duur

noordelike - logoPietersburg Noordelikes het Saterdag `n honderdtal in die Limpopo Blou Bulle se Boet Fickliga behaal, maar `n duur prys vir die wegholoorwinning betaal.

Freek Romijn, die klub se hoofafrigter, laat weet Noordelikes het Mankweng 103-0 oorskadu.

Ongelukkig het sy sterstut Juan Jacobs sy enkel in die 27ste minuut gebreek.

“Dis `n groot verlies omdat Jacobs een van die beste stutte in Limpopo is,” het Romijn aan Pale Toe! gesê.

Ewan van Niekerk het `n briljante vertoning op die vleuel gelewer, wat hom die toekenning as speler van die wedstryd besorg het.

Hy het 31 van Noordelikes se punte met drie drieë en agt doelskoppe aangeteken.

Leon Jordaan het eweneens `n driekuns behaal en Brandon Leeman, Diaan Coertzen en Wouter de Villiers het elk twee keer agter die doellyn gaan kuier.

Tiny Masemole, Meinhard Smit, Pieter Pretorius, Thyman Jongbloed en Danie Erasmus het die res van Noordelikes se 17 drieë gedruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.