Limpopoliga: Koning dra kroon met vier drieë

noordelike - logoDit was Koning Janse van Rensburg se dag toe hy Saterdag vier drieë vir Pietersburg Noordelikes teen Pietersburg-dorp gedruk het.

Dit lyk egter nie of dit vanjaar Dorp se jaar is nie.

Ná verlede week se pak slae teen Potgietersrus het Noordelikes hom Saterdag 76-5 in die Limpopo Blou Bulle se Boet Fickliga verniel.

Freek Romijn, die hoofafrigter van Noordelikes, sê hoewel dit `n groot telling was, sal Noordelikes nog baie aan sy vaste fasette moet skaaf.

“Die balhantering was goed en daar is altesame 14 drieë gedruk.”

Wouter de Villiers (buitesenter), Juan Jacobs (loskopstut) en Shane Minnie (vaskopstut) het almal `n goeie wedstryd gehad, naas “Janse van Rensburg met sy viertal besoeke aan die doelgebied.

“Noordelikes se ysterslot Tiny Masemole het soos gewoonlik sy hart uitgespeel en was skitterend. Hy speel week ná week goeie rugby.”

Benewens Janse van Rensburg het Minnie, Jacobs, Meinhardt Smith, Sias van Wyk, De Villiers (twee), Ewan van Niekerk (twee), Brandon Freeman en Masemole Noordelikes se drieë gedruk.

Alwyn Olivier kon slegs met 3 uit 14 doelskoppe slaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.