Limpopoliga: Mogol-rugby verwissel van gedaante

Mogol se rugby is besig om ʼn gedaanteverwisseling te ondergaan, en die klub sien uit na die afskop Vrydag van die Limpopo Blou Bulle se Waterbergliga.

Só laat weet Recha Welman, ʼn woordvoerder van die Ellisrasse klub, nadat Mogol twee uit sy drie wedstrde in die Noorderbonde se afgelope Assupolreeks gewen het.

“Daar is vanjaar baie talent, uitstekende toewyding en besondere trots by ons spelers. Ons glo en vertrou dat ons die beker huis toe kan vat,” het sy aan Pale Toe! gesê.

Dit was die eerste keer dat Mogol in die Assupolreeks gespeel het, en Hartbeespoort het hom in die eerste wedstryd (Mogol se deelname is die Dinsdag voor die kragmeting eers bevestig) met 46-22 geklop.

Daarna het hy Elsburg met 46-22 en Atteridgeville met 36-19 geklop, en sedertdien in ʼn vriendskaplike kragmeting met 29-10 teen Brits gewen.

Welman sê gegewe die kort voorbereidingstyd was die klub se afrigters steeds baie trots op die span se vertoning teen Hartbeespoort.

De Wet Joubert, Albert Schoeman en Pieter Prinsloo het Mogol se punte aangeteken en Ruan de Jager is as die speler van die wedstryd aangewys.

“Teen Elsburg het die weer gewis nie saam gespeel nie, en van die spelers het behoortlik geswem op die veld. Mogol het in dié moeilike omstandighede kop gehou, en hul sege verdien.

“Jean Fraser het ʼn uitstekende drie gedruk – die heel eerste in sy rugbyloopbaan – en is as die speler van die wedstryd bekroon.”

Welman sê hoewel die wedstryd teen Atteridgeville ietwat uitgerafel het, het dit wondere verrig om die spelers as span saam te snoer.

Die afrigter het dit ook onomwonde gestel dat ʼn sege ʼn sege bly.

Albert Schoeman was die speler van die wedstryd.

Sy sê Mogol het gewis ook sy sege teen Brits verdien.

“Jaco Louw, wat onder meer ʼn skitterdie gedruk het, is aangewys as die agterspeler van die wedstryd, en JP Ferreira as die beste voorspeler.

Ivan O’Neal, Ettiene Swart en Nills Meyring het die res van die wenspan se drieë gedruk, en Divan Clur het die skopwerk pale toe behartig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.