Limpopoliga: Northam, Potties dreun mekaar op

Met die Limpopo Blou Bulle se Boet Fick- Senior Liga in die pylvak, is dit die Northam Rhinos en Potgietersrus wat mekaar om die eerste plek op die punteleer opdreun.

Luidens die streek se jongste uitreiking is Northam met 30 en Potties met 25 ligapunte die voorlopers ná ses van die agt bepalings afgehandel is.

Northam loop ook voor wat die tweede spanne betref (30), met Pietersburg Noordelike wat tien punte minder in die tweede plek het.

In die Boet Fick-reserweliga (Noord) loop die Universiteit van Limpopo ná vier wedstryde voor met 12 ligapunte ná twee oorwinnings.

Wat die Waterberg-reserweliga betref, is Mogol op 24, ná ses wedstryde, 11 punte voor Nylstroom, wat nog net vier gespeel het.

Amandelbult I (18) is voor en Northam III (15) tweede, met vyf wedstryde afgehandel, in die afdeling vir tweede spanne. Mogol II is derde (14).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.