Limpopoliga: Potties kan oorheersing stuit

potgietersrus - logoDit lyk of Potgietersrus op pad is om Pietersburg Noordelikes se oorheersing die afgelope klompie jare in die Limpopo Blou Bulle se Boet Fick- Senior Liga (BFSL) te stuit.

Potties is ná nege wedstryde steeds onoorwonne en die kampioen het reeds twee verloor.

Louis Trichardt en Letaba is onderskeidelik tweede en derde op die punteleer.

Dendron loop “veilig” voor in die tweede liga, gevolg deur Loskop en Noordelikes.

Noordelikes is die voorloper in die Derde Liga. Louis Trichardt, die Universiteit van Venda, die Universiteit van Limpopo en Letaba is in `n taai stryd om die tweede plek gewikkel.

Opgesomde punteleer –

Boet Fick- Senior Liga

Potgietersrus 45, Noordelikes 38, Louis Trichardt 28, Letaba 26, Loskop 19, UniVen 15, Pietersburg 14, Mankweng o.

Boet Fick- Tweede Liga

Dendron 53, Loskop 38, Noordelike 33, Letaba 32, UniLim 31, Phalaborwa 28, Potgietersrus 18, Mussina 16, Pietersburg 6.

Boet Fick- Derde Liga

Noordelikes 23, Louis Trichardt 16, UniVen 16, UniLim 14, Letaba 13, Pietersburg 0.

(Klubbesture word genooi om bondige wedstrydverslae Maandae voor 11:00 vir publikasie aan Pale Toe! by [email protected] te stuur.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.