Limpopoliga: Potties oorrompel Louis Trichardt

potgietersrus - logoPotgietersrus het hom goed van sy taak gekwyt en Louis Trichardt Saterdag 40-0 in die Limpopo Blou Bulle se Boet Fickliga oorrompel.

`n Woordvoerder laat weet Potties het uiteindelik ses drieë gedruk, waarvan Jan Vorster vyf verdoel het en hy 15 punte aangeteken het wat `n drie ingesluit het.

Phill Herselman (twee), Oliver Moorcroft, Stefan Oosthuizen en Wikus Pretorius het die klub se ander drieë gedruk.

Deon Klein en Renier Labuschagne is as agter- en voorspeler van die wedstryd aangewys.

Dendron se eerste span het Potties se tweede 33-0 geklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae