Limpopoliga: sulke dinge was destyds ongehoord

potgietersrus - logo`n Ouer geslag sou hul ore nie glo nie as hulle sou hoor `n wedstryd tussen Potgietersrus en Pietersburg is weens beserings kortgeknip.

Die meeste sou nog onthou dat kragmetings tussen dié twee spanne van die taaiste denkbaar was, maar nie dat een van hulle gaan lê het nie.

Hulle sou eweneens nie glo dat Potties 61-0 gewen het nie.

Dis egter presies wat Saterdag gebeur het toe dié twee spanne in die Limpopo Blou Bulle se Boet Fickliga teen mekaar te staan gekom het.

`n Onoorwonne Potgietersrus is steeds boaan die punteleer.

`n Woordvoerder van Potties sê hy het sowat 15 minute lank gesukkel om deur Pietersburg se verdedinging te breek ondanks die feit dat hy deurentyd op Pietersburg se doellyn geboer het.

“Nadat Potties die eerste drie aangeteken het, het daar sommer baie gevolg. Potties het nege gedruk en agt daarvan verdoel.”

Klaas Galane was die speler van die wedstryd, en Willem Dreyer die beste voorseler.

Wickus Visser, Deon Klein, Dreyer, Casio de Sousa, Jan Vorster, Hans du Plessis, Wickus Pretorius en Galane (twee) het die wenspan se drieë gedruk. Anthony Hawken het agt verdoel.

♦ Potgietersrus se tweede span het 17-12 gewen.

Die woordvoerder sê die span het tot die laaste minuut geveg.

Ruan Potgieter het twee drieë gedruk en is as die speler van die wedstryd aangewys. Hennie de Vos, wat ook `n drie gedruk het, was die voorspeler van die wedstryd. Donald Monene het met `n doelskop geslaag.

♦ Potties speel die komende naweek teen Loskop op Groblersdal en hoewel hy die besproeiingsboere al vanjaar in `n vriendskaplike wedstryd geklop het, word verwag dat dit steeds harde bene sal wees om te kou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Neels ·

Ag hoe mis ek nou die dae toe ek nog vir Marble Hall gespeel het!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.