Lionel Cronje in die kollig in Japan

Lionel Cronjé (Foto Facebook)

Wanneer ʼn saamgeflanste Wêreldspan speel, maak dit byna nooit die belangstelling gaande nie, behalwe in die land waar die wedstryd gespeel word.

Tog het die Wêreld XV se afrigter, Robbie Deans, daarin geslaag om ʼn paar van Wêreldrugby se huidige (asook vergane) sterre vir Vrydag se stryd teen Japan by die Hanazono-stadion in Osaka te lok. Die afskoptyd is 12:00, SA tyd.

Dis eintlik ʼn opwarmwedstryd vir die tuisspan (wie se span ʼn mens nêrens kan opspoor nie), want hy speel aanstaande week in ʼn amptelike toetswedstryd teen die All Blacks.

Die spanne kan Vrydag ook meer as die gebruiklike aantal plaasvervangers gebruik, wat dui op ʼn hardlooprugbyfees.

Vaar die Japanners, onder die afrigterskap van Jamie Joseph swak in die wedstryd, kan dit nag teen die All Blacks wees.

Maar verras die Japanners die Wêreldspan, kan dit die selfvertroue die hoogte laat inskiet, ook vir aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi.

Uit ʼn Suid-Afrikaanse oogpunt sal die vertoning van veral Lionel Cronje dopgehou word. Cronje is een van die weeskinders van Suid-Afrikaanse rugby en dit laat die vraag ontstaan hoekom hy nie by die nasionale span betrek word nie.

Daar is ook ʼn paar ander Suid-Afrikaners, Harold Vorster, Willie Brits, Hencus van Wyk, Corné Fourie en Jason Jenkins in die Wêreldspan. Hulle speel almal tans hul rugby in Japan. En die voormalige Bokkaptein Adriaan Strauss speel waarskynlik vir oulaas in ʼn wedstryd.

Die Wêreldspan ‒

15 Nehe Milner Skudder (Hurricanes), 14 Toni Pulu (Chiefs), 13 Harold Vorster (Lions/Wild Knight), 12 Ma’a Nonu (Blues), 11 Tevita Li (Highlanders), 10 Lionel Cronje (Verblitz), 9 Andrew Ellis (Kobe, kaptein), 8 Leonardo Senatore (Jaguares), 7 Dillon Hunt (Highlanders), 6 Jackson Hemopo (Highlanders), 5 Jason Jenkins (Bulls/Verblitz), 4 Sam Carter (Brumbies), 3 Hencus van Wyk (Sunwolves/Sanix), 2 Adriaan Strauss (onverbonde), 1 Craig Millar (Sunwolves/Panasonic). Plaasvervangers: Ricky Riccitelli (Hurricanes), Wyatt Crockett (Crusaders), Ben Alexander (Brumbies), Ben Gunter (Wild Knights), Willie Britz (Sunwolves/Shining Arcs), Augustine Pulu (Red Dolphins/Blues), Santiago Gonzalez Iglesias (Jaguares), Keisuke Moriya (Wild Knights), Nili Latu (Red Dolphins), Corné Fourie (Lions/Wild Knights).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frans C ·

Wyatt Crockett is nie meer deel van die Crusaders nie,maar was onlangs nog in aksie vir Tasman NZ se jongste (2006) provinsiale unie.Hul staan bekend as Tasman Mako.Mako is glo een van die vinnigste haaisoorte in die wêreld.

Hewitt ·

Hy speel vir Tasman in die Mitre10 Cup, maar is ‘n Crusaders-speler in die SupeRugby kompetisie.

Frans C ·

https://www.sport24.co.za/Rugby/SuperRugby/all-black-prop-wyatt-crockett-to-retire-20180227 Hy het sy laaste wedstryd vir die Crusaders gespeel en onderneem om by Tasman uit te help.
Hoe mededingend rugby vir die man was blyk uit die volgende aanhaling:”The Canterbury Crusaders showed there’s no room for sentiment in their drive for a ninth Super Rugby crown against the Golden Lions as they left out retiring hero Wyatt Crockett for what would have been his last game.”https://www.thenational.ae/sport/rugby/wyatt-crockett-out-of-super-rugby-final-as-crusaders-aim-for-ninth-title-1.756545
Baie bly vir Cronje een van SA se vergete spelers.Kan gerus nog ‘n kans kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.