Die Lions het weliswaar gisteraand met 26-10 teen Ulster vasgeval, maar hulle het steeds baie beter as in die afgelope Curriebeker-reeks in Suid-Afrika vertoon.
En nadat Suid-Afrika van Brittanje se rooilys verwyder is, sien Burger Odendaal se span daarna uit om teen oorsese besoekers in Johannesburg kragte te meet.
Die Lions is nou vir ’n paar weke af voordat hulle weer laat in November teen Cardiff op Emirates Airline-park speel. Maar hulle sal beslis nie op hul louere rus nie.
Ivan van Rooyen (afrigter) en Odendaal (kaptein) het ná gisteraand se wedstryd gesê dat die span nog hopeloos te veel foute maak.
“Elke keer wanneer ons daarin geslaag het om Ulster onder druk te plaas, het onnodige foute al die harde werk ongedaan gemaak. Maar dit was ’n mededingende wedstryd en ons het hulle beslis fisiek aangevat,” het Van Rooyen gesê.
Volgens Odendaal verbeter die span met elke wedstryd – baie min mense het byvoorbeeld gedink dat hulle met Zebre in hul eerste wedstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap sou klaarspeel.
“Ons is nog glad nie tevrede met ons spel nie, maar ons begin glo dat ons ander spanne onder druk kan plaas en saam met die bestes in die reeks kan gesels. Daar was hier en daar ’n paar goeie oomblikke, maar ons sal die foute moet uitstryk. Foute kan ’n span baie duur te staan kom.”
Beseerde spelers – onder wie Eddie Fouché (losskakel) – kan dalk weer gereed vir aksie wees wanneer die Lions se wedstryde hervat word.
- Puntemakers:
Ulster: Drieë: Nick Timoney (2), Matthew Rea en James Hume. Doelskoppe: Nathan Doak (3).
Lions: Drie: Stean Pienaar. Doelskop: EW Viljoen. Strafskop: Viljoen.
- Organiseerders van die Verenigde Rugbykampioenskap het gister aangekondig dat die Suid-Afrikaanse spanne rondes ses en sewe van die reeks op hul tuisvelde sal speel.
Daar was aanvanklik planne dat die Suid-Afrikaners ook hul tuiswedstryde in Europa sou speel, maar dinge het verander sedert die land van Brittanje se sogenaamde rooilys verwyder is.
“Dít is wonderlike nuus, nie net vir die Suid-Afrikaanse spanne nie, maar ook sommer vir die hele reeks,” het Martin Anayi, uitvoerende hoof van die VRK, gesê.
Stean Pienaar dives over in the corner for @LionsRugbyCo's opening try of the night ????#URC | #ULSLIO pic.twitter.com/3dHpVE895o
— United Rugby Championship (URC) (@URCOfficial) October 15, 2021
???? CONFIRMED ????
South Africa to host first #URC games in RD 6 & 7 ????????
Full statement ????
— United Rugby Championship (URC) (@URCOfficial) October 15, 2021
Tyd sal leer
Stop die rasse inmenging en kies jou 15 beste spelers op meriete en julle sal beter doen.
Ondersteun vir Orania jou clown.
Ek is nie vertroud met so ‘n span nie ,is dit ‘n plaaslike span van jou tuisdorp want ek kry niks op Google nie.
Skerp Jasper, ou Piet het nou in sy wyn verstik
Piet ‘aka’ Carl Niehaus.