Lions gee weer ’n brul op tuisveld

Harold Vorster het met ’n paar sterk lopies vorendag gekom. Foto: GB Jordaan.

Shaun Reynolds het homself moed ingepraat, na die pale geloer en met sy skopvoet laat waai. Dit was uiteindelik dié plaasvervanger-losskakel se strafskop laat in die tweede helfte wat die verskil gemaak het tussen die Lions en die Waratahs op Emirates Airline Park.

Die tuisspan het ’n opwindende wipplankstryd met 29-28 gewen en mense, dit was ’n lekker wedstryd om na te kyk.

Ja, daar was ’n hele paar hanteerfoute, die inspirerende Warren Whiteley het teen vyf stelskop-strafskoppe besluit en daar sal beslis ’n paar mense wees wat oor Egon Seconds se skeidsregtervertoning sal mor, maar dié een was veel interessanter as die meeste Superrugby-wedstryde.

Die Lions het nie geskroom om met die bal te hardloop nie en Aphiwe Dyantyi en Kie. het gereeld diep in hul eie gebied met die bal begin hol.

Altesaam agt drieë is in die wedstryd gedruk met die Lions se avontuurlustigheid wat hulle weer op die wenpad geplaas het.

Kwagga Smith was sy gewone woelwater self in die vastelos, terwyl Harold Vorster ’n hele paar keer op senter beïndruk het.

Maar terug na die Lions se hardlooprugby. Dit kan waarskynlik op ’n ander dag lelik skeefloop, tog was daar vanmiddag oomblikke waarin hulle weer vir ’n klein rukkie soos die span gelyk het wat in die eindstryd kan speel.

Let wel: Vir oomblikke.

Nou sal hulle vir die volle 80 minute van hul volgende wedstryde só wil lyk.

Die Lions is nou vierde op die SA punteleer en agtste op die algehele tabel.

 

  • Puntemakers:

Lions: Drieë: Aphiwe Dyantyi, Stephan Lewies, Kwagga Smith, Courtnall Skosan. Doelskoppe: Elton Jantjies (3). Strafskop: Shaun Reynolds.

Waratahs: Drieë: Nick Phipps, Michael Hooper, Rob Simmons, Thomas Staniforth. Doelskoppe: Bernard Foley (4).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pietman ·

Wat is die doel om ‘n agterlyn te hê as dit “gevaarlik” is om met die bal te hardloop?

Nee wat! ·

Die lui oorgewig koeie het gebulk…so amper asof hulle gekraam het!Geen wonder niemand wil meer betaal om na hul onproffesionele getjommel te gaan kyk nie! Lofus ok maar leeg deesdae kan jy raai hoekom?
Bly vir die leeus…dit was naby maar n net net wen is beter as n paklsae op jou eie agtergrond ne koeie! Geen visie in daai span nie net eendimensionele voorspelbare denkwyse gemeng met stadige platvoetigge lomp spelers met min tot geen bal vaardighedes nie…
Pote en kie moet hul pote gebruik en vir n langggggg loop gaan…daai lot is clueless!

Frans C ·

Die Lions is nie naastenby die span wat drie eindwedstryde gehaal het nie.Hulle is presies terug waar hul voor dit was.Geen span kan dertien spelers verloor en nog hoop om te presteer nie.

Dit gaan as hul die huidige spelers kan behou ‘n seisoen of twee neem om ‘n mededingende span op te bou.Seconds het gelukkig vir die Lions en Waratahs ‘n paar besluite geneem wat in hul guns was.

willem botha ·

Die rugby is deesdae maar vrot wen een verloor een die all blacks blyk beter te wees

Johann ·

Geluk Lions! Eks net oor een ding jammer en dit is dat die Warratahs nie hierdie forum se kommentaar lees nie maar, vir wat dit werd is – You needed Folau!! Julle kraak hom af maar hy is jul en Australië se beste heelagter!

Henk ·

Het die Leeus gebrul of het hulle ‘n “Second” kans gehad?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.