Lions-haker swaar gestraf vir kniestamp

Die Lions-haker Robbie Coetzee se rooi kaart in sy span se Superrugby-wedstryd teen die Kings op Ellispark het hom op die koop toe ʼn lang skorsing besorg.

Sanzaar, die beheerliggaam van die reeks, het Maandag in ʼn verklaring aangekondig dat hy vir vyf weke geskors word, en eers weer op 2 Julie mag speel.

Die Lions se loslootjie eerskomende naweek, en die daaropvolgende toetsgleuf, beteken hy sal slegs die span se wedstryd teen die Sunwolves op 1 Julie misloop.

Coetzee het skuld erken dat hy ʼn teenstander met die knie bygekom het, wat hom saam met sy verskoning teenoor die teenstander en die berou wat hy getoon het, ʼn geregverdigde skorsing van agt weke laat vryspring het.

♦ Sy skorsing volg op dié van twee spelers in die plaaslike Supersportreeks.

Victor Sekekete, ʼn losvoorspeler van die Goue Leeus-vyftiental, is vir vyf weke geskors nadat hy ʼn Valkespeler met ʼn stywe arm geloop het; en Lodewyk Uys, ʼn losvoorspeler van die SWD Arende, is vir ʼn week geskors nadat hy teen die Westelike Provinsie ʼn teenstander met ʼn elmboog in die gesig bygekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieterlewismuts ·

Kniestamp, stywe arm, bykom met elmboog?
Ek dog die artikel gaan oor rugby as sport !!!!!!

Arie ·

Robbie Coetzee is “swaar” gestraf ?????
Hy sal EEN wedstryd misloop teen die Sunwolves !!!!!

Ek verstaan iets nie heeltemal nie. Om iemand opsetlik met die knie te stamp vorm nie deel van sport – rugby – nie.
Dit lyk vir my meer na opsetlike aanranding met die opset om ernstig te beseer, wat eintlik PERMANENTE skorsing uit rugby regverdig

Kiepie ·

En jy het dan ook seker nie die voorval gesien nie. Ons moet darem nou nie oorbeerd gaan nie.

Anoniem ·

Die strafprosedure is ‘n klug. Spelers wat vir vuilspel ‘n rooi kaart ontvang behoort nie vir ‘n aantal weke geskors te word nie, maar vir ‘n aantal wedstryde waarin sy span betrokke is. Hy behoort ook sy salaris vir daardie geskorste tydperk te verbeur.

Frans C ·

Die optrede van Coetzee kan nie goedgekeur word nie ook nie die optrede van Cloete wat die hele ding begin het, deur roekeloos in te duik wat die skeidsregter ‘n ‘dead ruck ‘genoem het.

Verglyk nou Coetzee se optrede met die van Treeby, Stormers senter,wat met ‘n stywe swaaiende arm die Blues losskakel vir ‘n paar minute bewusteloos op die veld gelos het.
Hy het in die wedstryd net ‘n strafskop teen hom gekry en is eers daarna vir 4 weke geskors.

Frans C ·

In die Sharks vs Stormers kom Etzebeth vir Am -Sharks-senter met die elmboog by en breek sy wangbeen en niks gebeur nie.Am het wel hoog ingegaan maar nie verdien om dit te kry .

ChrisH ·

Frans C – Jy het heel duidelik nie die wedstryd gesien nie. Ebsebeth het met die bal gehardloop. Am het van voor af laag in gegaan vir die duikslag en Eben se knieg het hom teen die wang getref en sy wang been gebreek. Was n frats ongeluk

Arie ·

Aan Kiepie,
Verstaan ek jou reg?
Is aanranding met die doel om ernstig te beseer dan n AANVAARBARE proses in die speel van die spel – Rugby.
Die volgende stap sal wees dat manslag goedgekeur word. Soos in die tyd van die Ridders wat mekaar met stompe van hul perd afgestamp het.
Is dit wat sport behels, ou?
Aanranding is in wese n ernstige saak.

Kosie ·

Ek sit naweek na naweek en sport kyk. Hoe absurd het rugby nie net geword nie. Kyk hoe maak die NZ spanne n los-skrum skoon. Die oponente wat net in die omgewing is word summier gelak. Hulle gaan om die los-gemale om ouens wat nog in aantog na die los-skrum is, uit te haal. Hulle duik bo-oor hulle spanmaat wat op die grond is om hom te beskerm. Hulle hou spelers aan hulle truie terug sodat hulle nie kan verdedig nie, loop ouens sonder die bal. Kortom, soos die komin -tators sal se, hulle kom weg met moord., want hulle word nie gestraf nie. Nou wat doen n ou wat wil rugby speel as jy teen hulle speel? Probeer net reageer en jy word af-gekraak as n vuil-speler en geskors, maar die oortreder kom skotvry daarvan af. Wat van die ou wat vir Lambie uit die poel uitgeloop het sonder die bal, wat was sy straf? en Lambie sn? Lambie is gelukkig om nog rugby te kan speel van al die kere wat hy al bewusteloos van die veld af gedra is. Sanzar is n klug en een-ogig, en ons rugby base is te slapgat om ons rugby spelers te beskerm. word wakker manne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.