Lions laat Jantjies weg vir Kaapse stryd

Elton Jantjies. (Foto: GB Jordaan)

Die Lions sal die Stormers sonder hul gereelde losskakel, Elton Jantjies, aandurf.

Die Springbok-no. 10 wat tot op hede 110 punte in die reeks aangeteken het, sal deur Shaun Reynolds vervang word.

In ’n mediaverklaring het die Lions-bestuur gesê dat Jantjies weggelaat is omdat hy spanprotokol verbreek het. Hulle het egter nie veel meer inligting deurgegee nie.

Die Lions is tans in die vierde plek op die Suid-Afrikaanse punteleer nadat hulle verlede naweek met 17-27 teen die Sharks in Durban vasgeval het. Hulle het net soveel punte soos die Stormers (30) wat in die vyfde plek is.

Lions: Andries Coetzee (heelagter), Courtnall Skosan (regtervleuel), Lionel Mapoe (buitesenter),  Harold Vorster (binnesenter), Aphiwe Dyantyi (linkervleuel), Shaun Reynolds (losskakel), Ross Cronje (skrumskakel), Kwagga Smith (agtsteman), Vincent Tshituka (flank), Cyle Brink (flank), Marvin Orie (slot), Stephan Lewies (slot), Carlu Sadie (stut), Malcolm Marx (haker en kaptein) en Dylan Smith (stut). Plaasvervangers: Jan-Henning Campher, Sti Sithole, Johannes Jonker, Reinhard Nothnagel, Marnus Schoeman, Hacjivah Dayimani, Nic Groom en Tyrone Green.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johannes ·

Stormers gaan in elkgeval wen Leeus kon die seisoen nog nie een SA span wen nie

Josua Keys ·

Swys moes lankal vir Jantjies in ‘n klaskamer toegesluit het sodat hy die afgelope drie jaar se video materiaal kan bestudeer om te sien hoekom sy agterlyn eers goed gevaar het en skielik soos ‘n laerskool agterlyn lyk, ek het altyd gesê hy is n goeie Losskakel maar tans die klits kwyt geraak omdat hy soos ander losskakels probeer speel en sy eie naam “diep” maak, hy het ook gedink hy is “untouchable” en moet ook weer leer om nader aan sy armpies loop een van die groot redes hoekom die mense n gly in hom gekry het, as hy nie gou terugkom aarde toe nie sien ek n groot toekoms vir die Lombard seun wat tans beseer is. Jantjies is nie die enigste probleem tans nie, stuur asb vir Nick Groom en ook saam, hoe gouer hy kan aanleer om die opposisie aan die raai te hou hou met sy spel hoe gouer sal die res in plek val, moet dadelik afleer om vir die opposisie te wys waar sy agterlyn gaan aanval, dit maak die verdedeging soveel makliker en die rugby eentoning daarby, wys hom asb Faf se videos, Joost s’n sal ook doen alhoewel hy nie my gunsteling was nie maar gee krediet waar nodig.

Ai. ·

Ja nee Jantjies..ai die kaap is leeg sonder jou! Hy kom nie huistoe nie..sorry boys hy kan julle nie help nie…Miskien kan Egon minutes…

Lee ·

Dankie tog!!! Hy konsentreer meer op sy “show” voor hy skop Dan mis hy dit ook nog. Verlede Saterdag meer as n minuut voor hy geskop het. Sit gerus iemand in die span wat daar hoort!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.