Die Lions laat vyf van hulle Springbokke tuis vir die Superwedstryd Saterdag in Buenos Aires teen die Jaguares.
Die hoofafrigter Johan Ackermann is maar alte bewus dat sy “tweede” span verlede jaar daar verloor het. Dit het die Lions ʼn moontlike tuis-eindstryd in die Superreeks gekos. Dan was daar ook Saterdag se goeie vertoning van die Argentyne teen die Stormers.
Dis dus nie ʼn geval dat hy hierdie keer met die tuisbly-Bokke waag nie, maar Ackermann het eintlik geen keuse gehad nie
Rohan Janse van Rensburg, wat Saterdag teen die Waratahs gespeel het ondanks die dood van sy moeder Rentia verlede week, bly tuis vir haar begrafnis Woensdag; Elton Jantjies word in die week die tweede keer pa; Rohan Combrinck is steeds op die krukkelys; Lionel Mapoe het ʼn lastige kuitspier en kry ruskans; en Franco Mostert word die wedstryd afgegee.
Die 25 spelers in die toergroep –
Voorspelers
Jacques van Rooyen, Dylan Smit, Ruan Dreyer, Johannes Jonker, Hencus van Wyk, Malcolm Marx, Robbie Coetzee, Andries Ferreira, Lourens Erasmus, Marvin Orie, Jaco Kriel, Kwagga Smith, Cyle Brink, Ruan Ackermann, Warren Whiteley.
Agterspelers
Ross Cronjé, Faf de Klerk, Andries Coetzee, Shaun Reynolds, Jaco van der Walt, Courtnall Skosan, Anthony Volmink, Harold Vorster, Jacques Nel, Sylvian Mahuza.
Die Leeus het diesrlfde truuk verlede jaar getrek en dit het hulle n tuis finaal gekos. Moenie daai Jaguars onderskat nie.