Lions moet Sondag teen Crusaders selfvertroue herstel

ʼn Skrale twee punte het tussen die Lions en drie opeenvolgende neerlae gestaan – en nou moet hulle Sondag (14:30) teen die verdedigende kampioene, die Crusaders, hulle selfvertroue herstel.

Die Lions het twee van hulle afgelope drie wedstryde, albei tuis, verloor. Dit was teen die Blues (wat Saterdag deur die Sharks afgeslag is), toe het hulle net-net met twee punte teen die powere Sunwolves (ook tuis) gewen en toe verlede week in Buenos Aires wéér teen die Jaguares vasgeval.

Die Lions het wel Sondag tuisveldvoordeel, maar dit is immers op Ellispark waar Crusaders verlede jaar die eindstryd teen ʼn veel sterker en meer gevestigde Lionsspan gewen het, al het Kwagga Smith se rooikaart hulle gehelp.

Was dáárdie Lionsspan sterker? Ja, gewis.

Jaco Kriel was op die een flank en Ruan Ackermann was op agsteman. Ross Cronjé  was agter die oond en die Springbokke Ruan Combrinck en Courtnall Skosan die  vleuels – laasgenoemde beslis nie die antwoord in toetse nie, maar nog altyd ʼn staatmaker in Superrugby.

Kyk jy na faktore soos vanjaar se skrum- en lynstaansukses, sukses met skopwerk pale toe, baldra-meters, teenstanders geklop, bal-aflaai, dissipline met strafskoppe afgestaan en omdraaibesit gewen, moet die Lions die gunstelinge wees. Omdraaibesit afgestaan is egter swakker. So ook losskrums gewen. En dít is kosbare besit vir teenstanders.

Wat die genoemde statistiek nié sê nie, is hoeveel verkeerde opsies en hanteerfoute daar was, hoe die ondersteuning is, en waar die suksesse en ook die gesukkel op die veld voorkom.

Sondag s’n gaan ʼn taai stryd wees. Die Saders is ook nog nie so skerp soos verlede jaar nie, en kophou en die Lions se geroemde strukture kan dalk die deurslag gee. Dis nodig, want drie uit sewe verloor sal nie goeie leesstof maak nie en dalk met hulle koppe begin smokkel.

Spanne –

Lions
15 Andries Coetzee, 14 Sylvian Mahuza, 13 Lionel Mapoe, 12 Harold Vorster, 11 Madosh Tambwe, 10 Elton Jantjies, 9 Dillon Smit, 8 Hacjivah Dayimani, 7 Cyle Brink, 6 Kwagga Smith, 5 Franco Mostert (kapt.), 4 Andries Ferreira, 3 Ruan Dreyer, 2 Malcolm Marx, 1 Dylan Smith. Bank: 16 Corné Fourie, 17 Jacques van Rooyen, 18 Jacobie Adriaanse, 19 Lourens Erasmus, 20 Marvin Orie, 21 Marnus Schoeman, 22 Howard Mnisi, 23 Shaun Reynolds
Crusaders
15 David Havili, 14 Seta Tamanivalu, 13 Jack Goodhue, 12 Ryan Crotty, 11 George Bridge, 10 Mitchell Hunt, 9 Bryn Hall, 8 Jordan Taufua, 7 Matt Todd, 6 Heiden Bedwell-Curtis, 5 Sam Whitelock (kapt.), 4 Scott Barrett, 3 Michael Alaalatoa, 2 Codie Taylor, 1 Tim Perry
Bank: 16 Ben Funnell, 17 Wyatt Crockett, 18 Oliver Jager, 19 Quinten Strange, 20 Tom Sanders, 21 Mitchell Drummond, 22 Mike Delany, 23 Manasa Mataele

Afskop: 14:30

Skeidsregter: Jaco Peyper (SA)
Assistentskeidsregters: Rasta Rasivhenge, Egon Seconds (albei SA)
TV-skeidsregter: Marius Jonker (SA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johannes ·

Die Leeus het nie kat se kans om te wen nie.Twee redes ref dieselfde as die eindstryd verlede jaar end leeus se spel die afgelope 4 weke is slegter elke week plus al die beserings,40 plus punte waarmee leeus gaan verloor

Frans C ·

Die weglating van Cronje en van Rensburg is ‘n verassing,weet nie of hulle beseer is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.