Lions pluk die vrugte van hul rus-besluit

emirates-logoDie eindtelling het dit dalk nie nie weerspieël nie, maar die Lions is steeds in `n wensituasie en kon nie vir meer gevra het deur hul beste spelers, inteendeel hul hele opdrafspan, te laat rus het vir Saterdag se kragmeting in die Superrugby-reeks teen die Jaguares in Buenos Aires nie.

Die Jagueres het wel 34-22 gewen en die Lions kon nie `n bonuspunt verower het nie. Ja, `n kans om `n moontlike eindstryd op Ellispark aan te bied, is dalk daarmee heen, maar as die Hurricanes in die kwarteind- of halfeindstryd sou vasval, kan dit steeds op Ellispark plaasvind.

Kom ons kyk watter voordele het die besluit vir die Lions ingehou.

Deur hul tweede span te laat speel, het die Lions seker gemaak dat die nege “plaasvervangers”  wat in die groep vir Saterdag se kwarteindstryd teen die Crusaders is, aan die vereistes van Sanzaar voldoen. Dit het beteken dat almal van hulle in vier wedstryde gespeel het en trap die Lions nie in dieselfde strik as die Chiefs (Liam Messam) en die Sharks (Pat Lambie) wat nie mag speel nie omdat hulle te min Superrugby gespeel het.

Dis eintlik `n belaglike reël, een wat spanne deur die seisoen kan buig deur spelers in die laaste minuut of twee op te stuur om sodoende vier wedstryde agter die blad te hê.

Die span ly aan geen vlugflouheid nie en kon rustig in Johannesburg voorberei en die batterye laat laai. Die Springbokspan wat teen die Iere gespeel het, asook die SA A-span wat teen die Engelse Saxons opgedraf het, het gewemel van Lions. Dit het die spelers se energievlakke getap en `n mens kon dit in hul laaste wedstryd teen die Southern Kings sien.

Die span is beseringsvry, terwyl die Crusaders sonder Nemani Nadolo (dyspier) is en daar kommer oor Andy Ellis (kuitspier) en Sam Whitelock is (virus).

Die Crusaders het ook reeds Maandag van Christchurch na Auckland gevlieg, toe oor Sydney vir `n aansluitvlug na Suid-Afrika, en kom eers Dinsdag in Suid-Afrika aan. Die Crusaders het baie stampe en stote in hul wedstryd teen die Highlanders opgedoen, en vra maar vir enige rugbyspeler hoeveel ongerief hy verduur om vir langer as 22 uur in `n vliegtuig en op lughawens deur te bring.  Om meer as `n dag lank net ”chicken or beef” te eet, en fliek ná fliek te kyk sonder om behoorlik te slaap terwyl jy eintlik moes oefen, sal jou geestelik tap.

Maar as daar een span is wat vierkant in die Lions se pad staan, is dit die Crusaders, vlugflou of te not.

Die Crusaders het sedert 2007 net een van hul agt wedstryde teen die Lions (voorheen Cats) verloor toe hulle met 9-3 geklop is. Die Crusaders het in 2009, 2012, 2014 en vroeër vanjaar op Ellispark gewen toe hulle die Lions met 43-37 geklop het.

Maar op wie sal jy gou geldjies waag?

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ja-nee ·

Na Saterdag se wedstryde is daar 4 all black spanne in die oorblywende wedstryde.

b j smit ·

van waar gehasie pas op dat daar nie 3 SA spanne is nie EK IS SEKER JY DROOM VAN VARK VLEIS IN PALESTINA

FC ·

In die begin van die seisoen het baie min sportkenners / skrywers die Lions enige kans gegee. Alle hoop was op die Bulle en die Stormers met die Haaie wat buitekans gegun is. Hehe.hai !

Dit is glad nie vergesog om the verwag dat daar geen NZ span in die semi finale gaan wees nie, net soos dit moontlik is dat daar ook geen SA span kan wees nie.

Wat egter verseker is, is dat die Leeus gaan nie dit maklik maak nie.

Ek verwag dat die Leeus en Chiefs verseker sal wen en dat die ander 2 uitslae enige kant toe kan gaan met die Brumbies se kanse beter as die Sharks sn

Nico K ·

Ek dink die NZ spanne is in al die wedstryde die gunstelinge, maar die Leeus het die beste kans om dit te keer danksy hul besluit om die manne te laat rus. Dit was ‘n goeie besluit. Hulle het egter nie besef dat die Crusaders gaan verloor en teen hulle gaan moet speel nie. Ek dink hulle sou een van die ander NZ spanne verkies het. Die Stormers het ‘n klein kans a.g.v. tuisveld en die feit dat hul teenstanders ver moet reis. Maar ek het nie hoop vir die Haaie of die Brumbies nie.

Josua Keys ·

Ja-nee jy is seker n blou bul ondersteuner wat verstaanbaar is, die Leeus het twee keer teen die Crustaders verloor dit gaan nie ‘n derde keer weer gebeur nie. Die beste besluit wat Johan Ackerman kon doen is om die ouens te rus, ek stem saam FC daar is n groot moontlikheid dat drie SA spanne kan deurdring tot die semifinale as die skeidsregters hulle nie gaan stukkend blaas soos wat Saterdag die geval teen die Lions was nie. “Ja nee” die Lions het Saterdag teen ‘n amper volledige Jaguares toets span gespeel wat gereeld teen Engeland, Wallis, Scotland, Ierland en Frankryk speel en kon die Leeus se tweede span met die hulp van die skeidsregte met slegs 12 punte klop, ek wil vir jou sê, ons het plek vir jou by die Leeus ondersteuners groep jy hoef nie op die kant met gevoude armpies te sit en huil nie hoor knip maar jou blou bul trui stukken en kry ‘n LIONS trui jy sal stukke beter voel hoor…. grap net maar jy is welkom om ons te “join” hoor!!!!

Ja-nee ·

Ek dink met my kop en nie met my hart nie. My hart se ons SA spanne moet wen maar as jy logies redeneer en rugby verstaan sal jou kop iets anders se. Onthou hierdie jaar het alle spanne nie teenmekaar gespeel nie sommiges het makliker roetes gehad as anders, van ons spanne het die hele toernooi nie teen ‘n enkele NZ span gespeel nie.

Tc ·

As n gesoute Stormers Ondersteuner sit ek al my geld op die Lions!!Hulle sal en gaan Wen!!!Go Lions make us Proud South African!!!

frik ·

Pragtig dis sportondersteuners gees geen ander Suid Afrikaanse spanne se ondersteuners kan verby die feite kyk nie die leeus is beste sa span die jaar volgende jaar is dit dalk net jou span

Josua Keys ·

Ja-nee ek dink jy het dit nie heeltemal reg nie hoor, die Lions het reeds die jaar al teen die Blues, Crusaders en Harricanes gespeel en net die Blues sover gewen en was stukkend geplaas teen die Crusaders op Ellispark maar die keer gaan die bortjies verhang word glo my, ek dink die ouens het geleer uit die vorige wedstryde, ek hoop net ons het n regverdige skeidsregter. Verloor die Lions het hulle steeds goed in my oë maar dit gaan nie maklik gebeur nie en die Stomers staan ook n goeie kans om te wen as dieselfde vir hulle geld maar ons weet nie wat agter geslote deure bespreek word nie alles gaan oor geld en dit maak dat uitslae soms onregverdiglik geregverdig word. Lions4Life, GO LIONS !!!!!!!

Annetjie ·

Ek is n Lions Supporter ! En ek TROTS op my span !
Go Lions !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.