Lions suig aan die agterspeen

Dis darem lekker om tong uit te steek.

Nadat die Lions die derde opeenvolgende jaar tot die kwarteindronde van die Superrugbyreeks deurgedring het en ʼn goeie kans staan om verder te vorder, sou jy mos verwag het dat ʼn groot gros van hul spelers vir die Springbokspan gekies sou word.

Die Lions (46 punte) het immers eerste in die Suid-Afrikaanse afdeling geëindig en tweede op die algehele puntelys (hoewel die Hurricanes (51) en die Chiefs (49) meer punte as hulle het, want dis mos soos die Sanzaar-base die reëls bepaal).

Die agt spanne wat na die kwarteindronde deurgedring het en wie teen wie speel, is: Crusaders (1ste, 63 punte) teen die Sharks (agtste, 36 punte) in Christchurch; die Lions (2de met 46 punte) teen die Jaguares (sewende met 38 punte) op Ellispark; die Waratahs (derde met 44 punte teen die Highlanders, sesde met 49 punte) in Sydney en die Hurricanes (vierde met 51 punte teen die Chiefs, vyfde met 49 punte) in Wellington.

Terug by die Springbokspan.

Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het net vyf Lions betrek by sy aanvanklike groep van 43 spelers vir die toetse teen Wallis en Engeland, maar 14 Sharks, nege Stormers en nege Bulls en ʼn paar oorsese spelers.

In die toetse teen Engeland was daar net drie Lions in die opdrafspan.

En Sondagoggend word daar gelees dat daar gekyk na word na veterane soos JP Pietersen, Francois Louw, Heinrich Brüssow en Marcell Coetzee vir die Rugbykampioenskap en ook die jongelinge Damian Willemse en Salmaan Moerat.

Dis niks verkeerd om die net wyd te span nie, maar wat dan van die peil van spelers in die Superreeks?

Wat van ondermeer Andries Coetzee (hy het Saterdag teen die Bulls weer sy vaardighede onderstreep wat straks nooit reg ontwikkel is nie), Courtnall Skosan, Ruan Combrinck, Ross Cronje, Ruan Dreyer, Kwagga Smith en Cyle Brink?

Is dit nie ironies nie dat die Lions se afrigter, Swys de Bruyn, deur Erasmus nader gehark is, maar sy spelers skitter in hul afwesigheid?

As die Bokke wen, kan Erasmus tong uitsteek, maar die geskiedenis tot dusver hoef nie geskryf te word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan ·

Ons is gewoond daaraan, het jy enige artikel iewers gesien wat hulle geluk wens na hulle vir 3 jaar en 21 wedstryde onoorwonne was, voor die sharks game?

Niks

Wesley ·

Ja ne, Kwagga te klein, Cyle te jonk en onervare, kom ons roep oorsee se wildernis in voor di puik plaaslike spelers asb. Vergeet van Combrink, JP is mos tops. En so gaan dit aan. Pasop Rassie, die oormeerderheid oorsee gaan vis kan jou byt….

Lukie Carelen ·

En wat van Ashwin Willemse? Rassie kan hom gerus ook ‘n kans gee, siende dat Willemse homself as ‘n transformant (lees kwotaspeler) beskou, en Rassie sy transformasie teikens moet haal anders word hy gepos. Die arme Willemse het nou (lyk dit vir my) nie meer ‘n joppie by Supersport nie (wel so hoop ek).
Dankie tog Nick en Naas is terug!

bloues ·

Ek het die wereld sokker beker gevolg. Sportmanne wat fiks is, wat blykbaar op meriete in die span is. Rassie se spankeuse en sy wedstrydplan gaan bepalend wees of ek vir my ‘n nuwe bok trui of ‘n Liverpool trui gaan koop.

Wanneer Ros Cronje drie tree skuins hardloop kry sy agterlyn die bal en verdediging gelyk. Kwagga het net een kans gekry. ens ens.
Ek dink die sokker reels en skeidsregters is ook baie verstaanbaar en konsekwent.

Neels ·

Die media sorg net vir sekere spanne. Donderdagaand op Kyknet nuus was daar groot dekking vir die Bulle wat laaste is , maar die Leeus wat 1ste eindig , word net vlugtig van iets genoem.

Kiewiet ·

Ja Neels , die Bulle word alweer voorgetrek al is hulle die swakste span in die land. As Rassie vir JP gaan kies kan hy net sowel weer vir Danie Gerber , Bakkies en Naas Botha ook weer kans gee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.