Lions teen Sharks: Wat hou dit vir SA rugby in?

Is dit derde keer skeepsreg vir die Lions? Kan 2018 uiteindelik die Sharks se deurbreekjaar wees?

En belangriker nog: Gaan ons, al is dit die wegspringnaweek van die nuwe Superreeks, tekens sien wat ons moed gee vir die herlewing en toekoms van Suid-Afrikaanse rugby?

Dit is vir albei spanne ʼn interessante wegspringplek. Die Lions het ʼn nuwe hoofafrigter met Swys de Bruin, wat na jare se diens aan die spel met die verantwoordelikheid van hoofafrigter van ʼn Superspan beloon is; die Sharks het nuwe bloed, baie diepte – en die dinamiese Dick Muir wat nou vir Robert du Preez as afrigter bystaan.

Daar word ook met groot verwagting uitgesien na die twee spanne se benadering en veral hulle uitvoering.

Ja, dit is maar die eerste wedstryd; en ja, foute sal daar wees. Daar sal nietemin genoeg wees om op te oordeel waarheen die spanne op weg is, en hoe dit Suid-Afrika kan baat.

Van die talle brandpunte en vrae in die wedstryd is of Warren Whiteley sy pad na die herwinning van die kapteinskap kan begin oopspeel; of Elton Jantjies se selfvertroue wat (weer) deur Allister Coetzee afgebreek is, in sy eie spanomgewing sal gedy; of die KwaZulu-Natallers, met ʼn spul nuwe gesigte, hierdie keer, veral voorlangs, die druk sal kan weerstaan wat in die Curriebekereindstryd tekort geskiet het…

Ag, daar is soveel dinge wat in die wedstryd gaan tel vir die wen of verloor.

Maar terwyl dit vir die twee spanne uiteraard belangrik is, bly die spel- en spelersgehalte waarmee die Bokke se afrigtingspan sal moet werk, die fokuspunt.

Die spanne –

Lions

Andries Coetzee, Sylvian Mahuza, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Ross Cronjé, Warren Whiteley (kapt.), Cyle Brink, Kwagga Smith, Franco Mostert, Andries Ferreira, Ruan Dreyer, Malcolm Marx, Jacques van Rooyen. Bank: Robbie Coetzee, Dylan Smith, Jacobie Adriaanse, Marvin Orie, Marnus Schoeman, Hacjivah Dayimani, Howard Mnisi, Rohan Janse van Rensburg.

Sharks

Lwazi Mvovo, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am, André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Robert du Preez, Cameron Wright, Keegan Daniel, Jacques Vermeulen, Philip van der Walt, Stephan Lewies, Ruan Botha (kapt.), Thomas du Toit, Franco Marais, Juan Schoeman. Bank: Akker van der Merwe, John-Hubert Meyer, Tendai Mtawarira, Hyron Andrews, Daniel du Preez, Michael Claassens, Curwin Bosch, Kobus van Wyk.

Skeidsregter: Glen Jackson (Nieu-Seeland)

Assistent-skeidsregters: AJ Jacobs en Cwengile Jadezweni (albei SA)

Televisieskeidsregter: Marius Jonker (SA)

Afskop: 17:15

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Robert ·

Dink nie dit gaan ‘n mooi wedstryd wees nie. Dit is die eerste van die seisoen en gewoonlik gaan dit gepaard met baie foute oordat die spelers verroes en oordadig is om goed te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.