Lions toer sonder beseerde Kriel na Doer Onder

Akker van der Merwe, een van die drie hakers op die Australiese toer. (Foto: GB Jordaan)

Die Lions se Springbokflank Jaco Kriel gaan nie saam met die span Australië toe vir die drie wedstryde teen die Force, Rebels en Brumbies nie.

Kriel, wat in die week vrygespreek is van ʼn uitwysingsklag vir ʼn laatvat teen die Stormers, het Vrydagaand teen die Jaguares gespeel, oudergewoonte uitgeblink, maar ook ʼn kniebesering opgedoen.

Hy bly in Suid-Afrika agter vir rehabilitasie van die besering. Daar word verwag dat hy oor drie weke, wanneer die span terug is, weer slaggereed sal wees. Hy sal dus seker op 20 Mei in die belangrike wedstryd teen die Bulls op Ellispark kan speel.

Die vleuel Madosh Tambwe toer ook nie saam nie. Hy sluit aan by die SA o.20-groep wat vir die wêreldkampioenskap in Georgië voorberei. Die Junior Springbokke vir die toernooi is nog nie gekies nie.

♦  Die Lions se afrigter Johan Ackermann neem, soos die meeste afrigters, drie hakers en drie skrumskakels in sy 27-tal saam op toer.

Die toergroep –

Voorspelers:
Jacques van Rooyen, Corné Fourie, Ruan Dreyer, Johannes Jonker, Hencus van Wyk, Akker van der Merwe, Robbie Coetzee, Malcolm Marx, Franco Mostert, Andries Ferreira, Lourens Erasmus, Ruan Ackermann, Warren Whiteley (kapt.), Kwagga Smith, Cyle Brink, Robert Kruger.
Agterspelers:
Faf de Klerk, Ross Cronjé, Dillon Smit, Elton Jantjies, Courtnall Skosan, Harold Vorster, Jacques Nel, Lionel Mapoe, Sylvian Mahuza, Andries Coetzee, Anthony Volmink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.