Lions verander nege; weer nie met bestes na Buenos Aires

Dylan Smith - terug in die opdrafspan na sy besering. (Foto: GB Jordaan)

Dylan Smith – terug in die opdrafspan na sy besering. (Foto: GB Jordaan)

Ondersteuners van die Lions sal hoop dat die geskiedenis hom nie herhaal wanneer hul span Saterdag in Buenos Aires teen die Jaguares speel nie.

Die Lions se hoofafrigter Johan Ackerman  het nege veranderinge aangebring aan die beginspan wat verlede week teen die Waratahs gewen  het.

Verlede jaar het die Lions se afrigtingspan besluit om hul voorste spelers in die laaste wedstryd voor die uitspeelrondes ruskans te gee.

Hulle sou die Jaguares heelwaarskynlik met  ʼn volsterkte span geklop het wat dan hoogswaarskynlik ʼn tuiseindstryd in die Superreeks tot gevolg sou gehad het.

Vir Saterdag het die Lions ʼn nuwe losskakel Sean Reynolds, die oud-Blou Bul Marvin Orie op slot en vaskop Johannes Jonker wat die eerste keer in die beginspan is.

Daar is net ses van verlede week se beginspan wat teen die Waratahs gewen het, vir die wedstryd in Buenos Aires gekies: Courtnall Skosan, Harold Vorster, Ross Cronjé, Robbie Coetzee, Andries Ferreira en die kaptein Warren Whiteley.

♦  Die hoofafrigter Johan Ackermann kon vier van sy Springbokke nie oorweeg nie terwyl hy die slot Franco Mostert die naweek laat rus. Ruan Combrinck is nog op die krukkelys, Elton Jantjies moes tuisbly vir die geboorte van sy tweede kind, Rohan Janse van Rensburg vir sy moeder se begrafnis Woensdag en Lionel Mapoe het ʼn ligte kuitbesering.

Benewens hierdie vyf Springbokke wat nie in die toergroep is nie, het die hoofafrigter Johan Ackermann ook vier spelers wat verlede week in die opdrafspan was, vir Saterdag op die bank gekies.

Jacques van Rooyen, Ruan Dreyer, Jaco Kriel en Andries Coetzee van die beginspan teen die Waratahs sal saam met Malcolm Marx, Lourens Erasmus, Faf de Klerk en Sylvian Mahuza op die bank sit.

Daar is dus drie Bokke op die bank: Marx, De Klerk en Kriel.

Die jong loskop Dylan Smith is terug in die beginspan nadat hy verlede week van die bank af sy terugkeer na ʼn besering gemaak het.

Lions (* dui aan spelers in verlede week se beginspan) –

15 Jaco van der Walt, 14 Courtnall Skosan*, 13 Jacques Nel, 12 Harold Vorster*, 11 Anthony Volmink, 10 Shaun Reynolds, 9 Ross Cronjé*, 8 Warren Whiteley (kapt.) *, 7 Cyle Brink, 6 Kwagga Smith, 5 Marvin Orie, 4 Andries Ferreira*, 3 Johannes Jonker, 2 Robbie Coetzee*, 1 Dylan Smith. Bank: 16 Malcolm Marx, 17 Jacques van Rooyen*, 18 Ruan Dreyer*, 19 Lourens Erasmus, 20 Jaco Kriel*, 21 Faf de Klerk*, 22 Andries Coetzee*, 23 Sylvian Mahuza.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Josua Keys ·

Geen problem met die span keuse nie hang net af wie die skeidsregter gaan wees, laasjaar was dit nie die span keuse nie maar die skeidsregter wat op die verkeerde veld geblaas het, almal in die Lions groep is goed genoeg om teen enige goeie span uit te draf en ken hul verantwoordelikhede maar n skeidsregter kan jou stukkend blaas. Go Lions!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.