Lions verloor eerste toerwedstryd

Die Lions het vandag 20 – 31 teen die Brumbies verloor. Foto: Facebook.

Twee nederlae agtereenvolgens. ’n Seisoen of wat gelede sou mens dit kwalik kon glo, maar die Lions het pas hul eerste toerwedstryd teen die Brumbies in Canberra verloor. Dít ná hulle verlede week slae teen die Sharks op Emirates Airline Park in Johannesburg gekry het.

Die tuisspan – boonop sonder die dienste van David Pocock – het vyf drieë gedruk om uiteindelik met 31–20 te wen. Hulle het voor vandag se afskop 14de op die algehele punteleer gelê, met net die Sunwolves wat swakker as hulle gevaar het.

Die uitslag bring mee dat die Johannesburgers steeds vierde op die Suid-Afrikaanse afdeling van die punteleer is, terwyl hulle agtste op die algehele puntelys is. Twee ander SA spanne – die Bulls en die Sharks – moet egter nog vandag speel.

Met dié dat daar gedurig aan die Lions se beginvyftiental gekarring word, is die tyd dalk ryp om vir Gianni Lombard kans in die beginspan te gee.

Hy het reeds gewys dat hy drukkoker-situasies kan hanteer – soos met sy suksesvolle strafskop wat vroeër die Rebels se doppie finaal in Johannesburg geklink het – terwyl hy vandag as plaasvervanger ongetwyfeld ’n positiewe bydrae gelewer het.

Of anders moet die span net vyftien keer vir Malcolm Marx kloon.

Dié jong Springbok-haker is tans die Lions se beste speler en staan vir geen teenstander terug nie. ’n Mens kry egter die idee dat hy dalk die vryheid en sorgeloosheid sal geniet wanneer Warren Whiteley die kapteinskapleisels by hom terugneem.

Die Lions het vandag in Canberra verloor – ’n stad waar hulle die afgelope ruk goed presteer het. Die toerpad vorentoe word egter net moeiliker met die Chiefs en die Crusaders wat hierna wag.

Hopelik kan Kwagga Smith en dalk selfs Whiteley die span binnekort weer die nodige slaankrag gee, nie net op die veld nie, maar ook hul ook weer die nodige sielkundige stukrag te gee.

  • Puntemakers:

Brumbies: Drieë: Lachlan McCaffrey, Toni Pulu, Tevita Kuridrani, Thomas Banks, Tom Wright. Doelskoppe: Christian Lealiifano (3).

Lions: Drieë: Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Sylvian Mahuza. Doelskop: Jantjies. Strafskop: Jantjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Thys ·

Welpies…….Crusaders wag vir julle onbehulpe spulletjies uit SA…..
SADERS jou lekker ding!!!!!!!!!!!!

Lewies ·

Praat julle HA HA HA ek lag Thys en Chrisjan kry vir julle HA HA HA….. En HA HA HA maak julle nat Ha HA HA

Frans C ·

Dat die Leeus gaan sukkel is duidelik.Nou lyk dit vir my dat skrywers en diegene wat kommentaar lewer groot genot uit die span se gesukkel kry.

Daar is geen span op aarde selfs nie die Crusaders wat 13 spelers kan verloor en dan nog presteer.Hoe is dit dan dat Maroela se skrywers en kommentators so eenoogig na spanne kyk en duidelik Blou Bul ondersteuners is.

Die gesukkel van SA spanne voorspel niks goed vir die wêreldbeker nie en hoe meer
SA-spanne verloor hoe laêr gaan spelers se selfvertoue wees.

Ai. ·

Groot genot oor groot inmenging en die eind resultaat is???? Een groot gemors nes alles in die nuwe Suid Afrika…een deksels groot gemors!!
Hoe kan jy simpatie verwag as die Suid Afrikaanse spanne sokker spelers wil in stuur teen rugby spanne soos die All blacks wat jul nog nie eens gespeel het nie! Hul gaan jul seer maak my ou! Daai ouens kan speel,hul stuur nie half gebakte spelers in wat nog leer nie hul bloei rugby soos Oud Suid Afrika se Springbokke eens op n tyd, vir hul is dit n ernstige beroep nie n sirkus soos Suid Afrika se strukture en spel nie! As jy dink die Brumbies was iets dan wys dit hoe min jul daar weet van rugby! Die onbeholpenheid min vaardighede en min talent in Suid Afrikaanse spanne is maar net die simptoom van inmenging,moet nie stadions vol verwag nie want oud rugby ondersteuners is nie daar om te kyk hoe sokkerspelers net daar vir die geld getrap gaan word en die hele span afterk nie…kry vir julle dan maar met die kritiek wat jul kant toe kom!!!! Hoop die Saders trap jul tjank goed af en wys jul dat jy nie oorlog toe gaan met n klomp wat niks weet van rugby af nie!

Ai. ·

Manne kan nie eens die basiese dinge reg doen nie…kan nie bal vang kan nie bal uit gooi nie….Jantjies ai Jantjies……Die agterlyn is Sooooooo voorspelbaar met Jantjies maar ai al wat hy hoef te doen is wees op regte tyd op regte plek vang bal duik oor vir n drie en hy is sommer weer verseker as Werfbok hoof loskakel in die tri nations.. Verbeeldingloos planloos… rigtingloos…voel jammer vir ouens soos Marx wat al die ander stukke lood moet saam dra….swaar tye le voor en groot tellings kom teen die welpies!

A ·

Ek, ‘n vrou wat nog nooit rugby gespeel het nie WEET ‘n span kan nie punte aanteken sonder die bal nie. Jantjies skop elke keer balbesit weg. Wil iemand hom nie ASB wegskop nie. (Springbok????Kwota…. vra maar net )

Frans C ·

Die Lions is presies terug waar hul was in 2014 toe hulle terwille van die Kings uit
Superrugby geskop is. Dit het hul lank gevat voor dat hul tot een van die dominante
spanne in Superrugby ontwikkel het.

Enigiemand wat iets van rugby af weet,sal verstaan dat dit bloed,sweet en trane
gaan kos om weer ‘n span te bou met goeie kombinasies en spelers met selfvertroue.

In 1974 trap die Britse Leeus die Bokke en loop 3-0 voor in die toetsreeks en val die keurders rond.Gelukkig kry ek en ander ‘n paar ouens kaartjies by die rugbyklub en sit ons hoog op die tydelike pawiljoen,op Ellispark.
Die tydelike pawiljoen was so hoog dat die bome onder ons is.

Toe kry die keurders en Bokke iets reg en speel hul 13 elk gelykop in die 4de toets.Dit nadat die Britse Leeus 21 wedstryde op ‘n ry gewen het. Die span wat die naaste aan hul gekom om hul te klop was die Vrystaat wat met 11-0 verloor het.

Die groot verskil tussen die tyd en nou is dat geen video ontleders was nie en jy slegs in die bioskope hoogtepunte kon sien.Spelers het basiese dinge goed gedoen en gespeel
soos dit op die veld ontvou.Dit was lekker wat jy het nooit geweet wat om te verwag nie,terwyl vandag bykans alles voorspelbaar is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.