Loffie se span in Amerikaanse halfeindstryd

Martin Knoetze (Foto: Denver Stampede)

Die Suid-Afrikaanse afrigter Eugene (Loffie) Eloff se Austin Huns het Saterdag in Tucson, Arizona, vir die halfeindstryd van die Amerikaanse Nasionale Eerste Liga gekwalifiseer.

Die Huns het San Francisco Golden Gate met 48-38 verslaan, en speel Sondag in die halfeind teen Belmont Shore.

Martin Knoetze, wat in Pretoria gebore is, het twee drieë vir die wenspan gedruk en is as die speler van die wedstryd aangewys,

Nog twee spelers met Suid-Afrikaanse wortels, Kyle Breytenbach en Deon Minnaar, het elk ʼn drie vir die Huns gedruk.

Vyf spelers met Suid-Afrikaanse bande is in Sondag se opdrafspan. Hulle is Breytenbach (slot), Hanco Germishuys (flank), Minnaar (agsteman), Michael Reid (skrumskakel) en Knoetze (heelagter).

Todd Clever (ʼn Amerikaanse toetskaptein wat vir die Lions en die Goue Leeus gespeel het) en JC de Wet is op die bank.

Eloff word as afrigter deur die Suid-Afrikaners Danie de Villiers en Pedrie Wannenburg bygestaan, en Zinzan Elan-Puttick is die spanbestuurder.

♦ Die Chicago Lions, met as spelskepper die Pretoriaans-gebore JP Eloff, ʼn Amerikaanse toetsspeler, durf New York Athletic in die ander halfeindstryd in Pittsburg, Pennsylvania, aan nadat die Lions met 32-24 teen Rocky Gorge gewen het.

Die span van Chicago maak ook op die diens van die stut Frikkie de Beer staat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.