Lojaliteit en oorwinnings loop hand aan hand

Allister Coetzee (Foto: Twitter)

Allister Coetzee (Foto: Twitter)

Lojaliteit is een van die boustene van rugby, maar dit kan `n afrigter ook duur te staan kom.

Jake White het aan sekere spelers geglo, soos toe hy John Smit bo Bismarck du Plessis as haker gekies het, Kitch Christie het destyds by sy Transvaalse spelers gestaan, en Heyneke Meyer het altyd `n sagte plekkie vir sy Blou Bulle gehad.

Niks daarmee verkeerd nie en niemand kan daarteen stry nie, veral nie as die Wêrelbeker al twee keer in die vertoonkas van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie in Kaapstad gestaan het nie.

Die huidige Bok-afrigter, Allister Coetzee, glo aan die vermoë van spelers wat `n paar jaar gelede onder sy hande by die Stormers en Westelike Provinsie deurgeloop het, soos Damian de Allende, Francois Louw, Frans Malherbe en Duane Vermeulen (as laasgenoemde twee nie seergekry het nie).

Maar is hulle die beste? Is  De Allende beter as Rohan Janse van Rensburg, is Louw beter as Jaco Kriel?

Coetzee is steeds besig om `n spelpatroon te vestig en hy moet `n regverdige kans gegun word. Maar afgesien van die laaste 20 minute se vertoning van die tweede toets teen Ierland, was daar enige ander opflikkering? Ek praat nou nie van individuele briljantheid deur Faf deKlerk nie, maar oor die insinking van die algemene spelpeil van Willie le Roux (wat sedertdien gepos is), Lionel Mapoe en Elton Jantjies.

Mapoe en Jantjies was van die grootse uitblinkers in die Superrugby-reeks. Hoe kon hulle binne `n paar weke die kluts kwytgeraak het?

Die Bokke het in vier toetse 101 punte aangeteken en 89 afgestaan. Hulle het tien drieë gedruk, maar sewe deurgelaat.

En dit in vier tuistoetse teen spanne wat sesde en negende op Wêreldrugby se ranglys is!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jakkalas ·

Alister het nog nooit oortuig nie. Alhoewel hy al baie jare blootstelling in die hoogste kompetisies het was daar geen vooruitgang in sy spanne nie. Hy het ‘n middelmatige bestuurspan gekies. Indien jy nie die beste in ‘n pos wil wees moet jy jou met briljante mense omring in daai poste om die beste te wordben uit te bring in die spelers. Nog vier jaar van onbelowende, vervelige verloor rugby. Nog nie eens te praat van politieke inmeng in alle sport nie…..

Herman G ·

Doodreg. Toe AC Bok agterlyn afrigter was het hulle baie, baie vervelig gelyk. Al wanneer hulle kon druk, is as hulle besit omgekeer het. Met die Rugby Wereld Beker in 2007 het Eddie Jones dinge reg geruk.
Toe AC Stormers afrigter was het hulle elke semi-final verloor, waarvan heelwat (die meeste?) tuis wedstryde was!

callie ·

Gaan maar tot 4 seisoene terug. Jantjies is goed as hy voerenroe gaan en sy pak oorheers. Gaan kyk na ou leeus wedstryde. Sodra hy onder druk is slaan hy aan, skop doelloos weg of gooi die bal wild weg. Tweedens, enige buitesenter sal goed lyk met die kanse wat Rohan Janse ven Resburg skep. Hy is groot, sterk, vinnig, hardloop met bal in altwee hande, trek die verdediging en al wat buitesenter moet doen is in gaping hardloop en bal raakvang. AC gaan maak dat ons met n rekordtelling verloor teen die All Blacks en Australie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.