Lojaliteit krap in Allister se slaai

Allister Coetzee (Twitter)

Allister Coetzee se lojaliteit en vertroue in sy spelers se vermoë het hom op die ou end baie duur te staan gekom.

Ja, dis baie belangrik vir ʼn afrigter om bestendig met sy spankeuses te wees, om só sy spelers se selfvertroue op te bou, om hulle in sy visie en spelpatroon te laat glo, en om hul vaardighede te verbeter en vordering te maak.

Kitch Christie was baie lojaal teenoor sy spelers, só ook Jake White en Heyneke Meyer. Hulle het die vrugte gepluk, Christie en White se spanne het Wêreldbekertoernooie gewen en Meyer se span is in die halfeindstryd van die WB-toernooi in 2015 naelskraap met 20-18 deur die All Blacks geklop.

Coetzee het vroeër vanjaar gesê dit is nie baie maklik om in die span te kom nie, maar veel moeiliker om daaruit te kom.

Dink maar aan Andries Coetzee, Raymond Rhule, Courtnall  Skosan, Damian de Allende, Jesse Kriel, Ross Cronjé… en so kan ons aangaan.

Ja, Rhule, Skosan en De Allende is wel uit die span gelaat, maar hoeveel kanse het hulle gekry? Toe Rhule sy plek ná sy soveelste vrot vertoning in die Rugbykampioenskap verloor het (hy het in sewe opeenvolgende toetse gespeel), moes hy homself eers weer op provinsiale vlak gaan bewys het.

Ja, hy kon ʼn kontrak onderteken om Kaap toe te gaan, maar hy kon tog aan die Cheetahs of Kings geleen word, om sy selfvertroue terug te kry, om te leer hoe om te verdedig, en om sy ander vaardighede op te skerp.

Maar toe gaan hy vir vyf weke lank saam met die Springboktoerspan om duiksakke vas te hou sonder om speelkans te kry.

De Allende is een van daardie spelers oor wie die ondersteuners, en ook oud-Bokke en ander kenners, sooibrand gekry het. Maar deur met hom vol te hou en hom aan te hou kies (al was dit ses keer in sy 14 toetse in die Rugbykampioenskappe op die plaasvervangersbank) het Coetzee homself geen guns bewys nie.

Hoe lank het dit vir Coetzee geneem om Francois Venter nader te trek? En wat van Rohan Janse van Rensburg wat tuis gebly het?

Coetzee (Andries) het sy buiging in Junie vanjaar in die eerste toets teen Frankryk gemaak en het in al 13 toetse vanjaar gespeel. Hy was baie gewillig met ʼn stewige linkervoet, maar hoeveel vordering het hy gemaak?

Ons sit langs die kantlyn. Dis baie maklik om ná die tyd te kritiseer, maar as jou span darem van derde af sesde toe op die wêreldranglys afskuif en teen Italië, Argentinië, Wallis (twee keer) en Ierland (twee keer) verloor, is dit jou reg om vrae te vra.

Veral as jy onder meer met 57-0 deur die All Blacks en 38-3 deur die Iere vermorsel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wim van der Berg ·

Dankie vir die uitwys – en verskoning vir die vingerfout. Ons het reggemaak.

Adv Leon Vorster ·

Coetzee is bloot n toonbeeld van sy goeie vriend Zuma. Om nie te presteer is nie n probleem nie. Hy hoef homself ook nie te distansieer van sy onvermoe om sukses te behaal nie, inteendeel, hy roem daarop!

Hy is maar wie hy is, “Toeti”, en so sal hy ook onthou word as “Toeti” niks meer niks minder!

Byt vas Toeti, in Suid Afrika slaag jy met onderskeiding, n toonbeeld van intellektuele gestremdheid.

Willie ·

Ag ou Allister, jy is n teleurstelling vir jou land, span en die toeskouers. Ken jy daai liedtjie “vat jou goed en trek Ferreira”? Ek stem saam met die kommetaar hier bo, hy roem op sy mislukkings. Dikvellig as jy my vra…

Pierre ·

Geagte AC, ek weet jy lees nie hierdie kommentaar nie want jy steur jou nie aan enige iets nie. Wil net vir jou en die res van SA Rugby se dat danksy julle ek nou al my belangstelling in SA Rugby verloor het. Ek kan met eerlikheid se dat daar binne my geen trots meer is om ‘n SA Span te ondersteun nie maak nie saak of dit nou toets rugby of Curriebeker of enige ander rugby is nie.

Moet se dat die spelers dieselfde passie het vir die spel as hulle afrigter, niks, jou breinspoel tegniek om kwansuis na elke wedstryd ‘n ligpunt te wil uitwys werk net vir die wat onkundig is rondom rugby, daar is nou net wragtig niks wat positief uitstaan nie. Ons eens magtige rugbystatus is nou soos ons land afgegradeer tot rommelstatus. Dankie AC doen so voort. As ek enigsens die besigheids vernuf gehad het sou ek begin het met ‘n nuwe SA 15 tal wat weer sou speel om ons naam hoog te hou. Totsiens Ou Grote

Skande! ·

Jy moet hom Ac darem bietjie krediet gee! Hy breek ongewensde wereld rekords lings na regs en is altyd trots daarop en dan ook trots op n goeie drag slae en kan dan nog die positiewe uit elke loesing vat ook nog!
Hel man die ou klink of hy mooi sal inslot langs die prezzie numbawane en hom numbawane miskien nog vervang eendag! Ac die ewige leermeester aangesien hy selfs op internasionale vlak afrigting nog baie leer, elke keer, nogsteeds en alweer op die onkostes van die eens trotse Springbok naam natuurlik en die se eens trotse en nou min ondersteuners!
Gee hom kans man oor so tien jaar sal hy miskien n kwart van die spel rugby verstaan nes die lot Mark Alexander en kie wat hom daar geplaas het oor politiek! Wat my nog meer knorrig maak is die papskeppers skep hulself lekker dik vir geen prestasies nie en dit sluit die geagte die uwe Mnr Mark Alexander en kie in! Kan jul nou miskien begin verstaan wat jul met jul politieke inmenging vermag in Suid Afrikaanse rugby Mark AC en kie ,kan jul sien dat selfs Wallis dink Suid Afrika rugby en sy spelers is n klomp saam geflansde sirkus narre!!! Ai ai ai maar helaas daars geen skaamte of trots, net geld skep al kom die wiele af…..

Andre ·

Hy moet maar eerder nie sy maatjie gekies het nie, gee vooruitgang in ons rugby.

Toetsien jy het net meer skade gedoen as goed!

Leon ·

Ek vermoed AC was maar net n gesig wat voorgehou was vir keuses wat deur bestuur gemaak word waarin hy minimale rolle gespeel het hy is sleg n pion vir sa rugby om te maak soos hulle wil agter sy naam. Nie dat ek glo hy sou self kon beter vaar nie, maar na HM glo ek nie n bokafrigter het veel se oor sy eie span.

Stef ·

Wanprestasie en middelmatigheid is nou maar eenmaal die nuwe maatstawwe in SA. Hoe laer jou doelwitte, hoe geringer die kans om terleur te stel. As niks van jou verwag word nie is die meeste mense aangenaam verras as jy selfs onderpresteeer.

Callie ·

Dit gaan oor die siekte wat in die land posgevat het. Die eerste plek in die wereld waar jy nie die waarheid mag praat nie. Mallet, Kobus Wiese, Breyten, ag die hele spul sal vir ure vertel van die foute wat gemaak is maar dat ons die talent het om die beste te wees. Almal is egter te ruggraatloos om op te staan en te noem die talent word nie gekies nie, kwotas kry voorkeur. Kwotas wat ons beste spelers die land laat verlaat het, kwotas wat stelselmatig die standaard so verlaag het, kwotas wat deur n kwota afrigter opgehemel word. Niemand wat ek ken het al ooit JP Peterson, Habana, Beast op sy tyd en nog vele ander as kwotas gereken nie. Die self erkende kwota speler Aswin Willemse beskuldig egter wittes daarvan. Voor die slap kommentators nie die waarheid begin praat sodat oorsake aangepak kan word nie sal rugby in SA agteruitgaan tot daar niks oor is nie. Is die waarheid so moeilik om te verkondig. Erens gaan die silwer stukke nie meer die gewetes kan troos nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.