Lood de Jager uitgewys na toetsvernedering

Lood de Jager - uitgewys. (Foto telegraph.co.uk)

Lood de Jager – uitgewys. (Foto telegraph.co.uk)

Die Springbokke se plaasvervanger-slot Lood de Jager is uitgewys na Saterdag se vernederende toetsnederlaag op Kingspark teen Nieu-Seeland in die Rugbykampioenskap.

De Jager is in die 72ste minuut van die kragmeting deur die skeidsregter, Jerome Garces, met `n geel kaart van die veld gestuur nadat hy sonder om sy arms te gebruik in `n losskrum ingedons het.

Die uitwysingskommissaris, wat beeldmateriaal van die wedstryd gefynkam het, reken die oortreding het `n rooi kaart geregverdig.

Die uitwysing sal deur die diensdoende regsbeampte, Adam Casselden, oorweeg word. As De Jager sy beslissing aanvaar, is die saak afgehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.