Loop maar lig vir daardie mes

Meer aan die kapstok as aan die lyf. (Foto: Twitter)

Die ongeluksvoël ry die Engelse slot Ed Slater erg bloots.

Slater, wat die Leicester Tigers se kaptein is, het verlede seioen net drie wedstryde gespeel vanweë `n beseerde knieligament.

Hy sou Sondag teen die Sale Sharks sy lang verwagte terugkeer gemaak het, maar toe sny hy sy linkerhand oop nadat hy `n gevriesde broodjie (bagel) wou sny.

Moet liefs nie na die foto’s van die besering kyk nie, veral as jy nog nie ontbyt geëet het of daarmee besig is nie. Veertien steke was nodig om die diep wond te heg.

Die basketbalster Michael Jordan het ook een van sy vingers lelik oopgesny terwyl hy `n sigaar gekerf het en die Wes-Indiese Eilande se krieketspeler Jimmy Adams het sy hand met `n plastiekmes oopgesny toe hy middagete op die vliegtuig op pad na Suid-Afrika genuttig het.

Slater sluit hom aan by `n lang lys ander sportmanne wat bisar beserings opdoen het. In 1993 het die Engelse sokkerdoelwagter Dave Beasant die eerste deel van die 1993/’94-seisoen misgeloop nadat hy `n bottel slaaiolie op sy voet laat val het. Hy het die bottel met sy voet probeer keer, maar sy groottoon erg gesny toe hy in die glasstukke getrap het.

Terloops, Beasent het onlangs op 55 nog vir Stevenhage gespeel, toe sy 26-jarige seun Sam beseer is.

Darren Barnard, wat vir Barnsney sokker gespeel het, het sy knieligamente geskeur en was ses maande lank langs die kantlyn nadat hy gegly en geval het – in een van sy honde se plassie urine.

Skaars ‘n maand gelede het die Proteas se paaltjiewagter Quinton de Kock ‘n toets teen Engeland misgeloop nadat hy sy enkel geswik het. De Kock het die aand voor die toets met sy hond gaan stap – nie `n Great Dane nie, maar `n Jack Russell wat aan die leiband geruk het en De Kock laat struikel het.

Die meeste van ons gooi maar `n gholfstok in die lug na `n goeie hou. Die Amerikaanse gholfspeler Bobby Cruickshank het dit tydens `n toernooi in1936 gedoen. Maar hy het vergeet om dit te vang en is katwsink geslaan. Hy het die res van die ronde probeer voltooi, maar heeltemal uitgesak.

Die Amerikaanse basketbalspeler Matt Bonner, wat vir die San Antionio Spurs speel, het verlede jaar ‘n wedstryd of twee weens `n tenniselmboog misgeloop. Die rede: Bonnet, wat 2,14 m lank is, het te veel tyd op sy iPhone6 deurgebring en sy moeë vingers (en elmboog) kon nie meer die stres hanteer nie.

André Pretorius (Foto: Twitter)

André Pretorius (Foto: Twitter)

Wade Boggs, `n sagtebalspeler van die Boston Red Sox, het sy ribbes gekraak terwyl hy sy skoene aangetrek het.

Die oud-Springbok-losskakel André Pretorius het `n boudspier op die vliegtuig beseer terwyl hy gesit het, en die grote Kobus Wiese moes noodbehandeling op `n vliegtuig na  Australië ontvang nadat hy per ongeluk een of twee sesamsaadjies ingekry het.

Wiese, wat allergies vir sesam is, se keel het begin toetrek en hy het rooi in die gesig geword. Gelukkig kon die Bokke se spandokter, Frans Verster, hom inspuit kort nadat die vliegtuig geland het.

Die ongeluksvoël ry die Engelse slot Ed Slater erg bloots.

Slater, wat die Leicester Tigers se kaptein is, het verlede seioen net drie wedstryde gespeel vanweë `n beseerde knieligament.

Hy sou Sondag teen die Sale Sharks sy lang verwagte terugkeer gemaak het, maar toe sny hy sy linkerhand oop nadat hy `n gevriesde broodjie (bagel) wou sny.

Moet liefs nie na die foto’s van die besering kyk nie, veral as jy nog nie ontbyt geëet het of daarmee besig is nie. Veertien steke was nodig om die diep wond te heg.

Die basketbalster Michael Jordan het ook een van sy vingers lelik oopgesny terwyl hy `n sigaar gekerf het en die Wes-Indiese Eilande se krieketspeler Jimmy Adams het sy hand met `n plastiekmes oopgesny toe hy middagete op die vliegtuig op pad na Suid-Afrika genuttig het.

Slater sluit hom aan by `n lang lys ander sportmanne wat bisarre beserings opdoen het. In 1993 het die Engelse sokkerdoelwagter Dave Beasant die eerste deel van die 1993/’94-seisoen misgeloop nadat hy `n bottel slaaiolie op sy voet laat val het. Hy het die bottel met sy voet probeer keer, maar sy groottoon erg gesny toe hy in die glasstukke getrap het.

Terloops, Beasent het onlangs op 55 nog vir Stevenhage gespeel, toe sy 26-jarige seun Sam beseer is.

Darren Barnard, wat vir Barnsney sokker gespeel het, het sy knieligamente geskeur en was ses maande lank langs die kantlyn nadat hy gegly en geval het – in een van sy honde se plassie urine.

Kobus Wiese (Foto: Wiesenhof)

Kobus Wiese (Foto: Wiesenhof)

Skaars ‘n maand gelede het die Proteas se paaltjiewagter Quinton de Kock ‘n toets teen Engeland misgeloop nadat hy sy enkel geswik het. De Kock het die aand voor die toets met sy hond gaan stap – nie `n Great Dane nie, maar `n Jack Russell wat aan die leiband geruk het en De Kock laat struikel het.

Die meeste van ons gooi maar `n gholfstok in die lug na `n goeie hou. Die Amerikaanse gholfspeler Bobby Cruickshank het dit tydens `n toernooi in1936 gedoen. Maar hy het vergeet om dit te vang en is katwsink geslaan. Hy het die res van die ronde probeer voltooi, maar heeltemal uitgesak.

Die Amerikaanse basketbalspeler Matt Bonner, wat vir die San Antionio Spurs speel, het verlede jaar ‘n wedstryd of twee weens `n tenniselmboog misgeloop. Die rede: Bonnet, wat 2,14 m lank is, het te veel tyd op sy iPhone6 deurgebring en sy moeë vingers (en elmboog) kon nie meer die stres hanteer nie.

Wade Boggs, `n sagtebalspeler van die Boston Red Sox, het sy ribbes gekraak terwyl hy sy skoene aangetrek het.

Die oud-Springbok-losskakel André Pretorius het `n boudspier op die vliegtuig beseer terwyl hy gesit het, en die grote Kobus Wiese moes noodbehandeling op `n vliegtuig na  Australië ontvang nadat hy per ongeluk een of twee sesamsaadjies ingekry het.

Wiese, wat allergies vir sesam is, se keel het begin toetrek en hy het rooi in die gesig geword. Gelukkig kon die Bokke se spandokter, Frans Verster, hom inspuit kort nadat die vliegtuig geland het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.