Loskopstut dra Pumastrui vir 170ste keer

De-Jay Terblanche – 170ste wedstryd. (Foto: André Meintjes/Steval Pumas)

Die loskopstut De-Jay Terblanche hoop om Saterdag sy 170ste wedstryd vir die Pumas te speel, nadat hy in die opdrafspan vir die bond se Curriebekerwedstryd Vrydag teen die Sharks in Nelspruit ingesluit is.

Dis nog ʼn entjie kort van die rekordhouer, Francois Rossouw, se 183 wedstryde.
Terblanche vervang Kwezi Mona, wat bank toe skuif, en Mark Pretorius vervang Marko Janse van Rensburg op haker.

Die slot Cameron Lindsay kry sy eerste kans in die opdrafspan, en verruil sy plek op die bank met Hugo Kloppers.

Die flank Thembelani Bholi skuif in Lambert Groenewald se plek na die ander kant van die skrum, en Chris Cloete is op nommer ses terug in die opdrafspan.

Stefan Ungerer se harsingskudding bied aan die ervare Reynier van Rooyen ʼn opdrafkans op skrumskakel, met Theo Maré (ʼn leenspeler van die Blou Bulle af) in Van Rooyen se plek op die bank.

Justin van Staden speel heelagter in Gerhard Smith se plek, met Sias Ebersohn en Devon Williams wat die bank aanvul.

Die span –

15. Justin van Staden, 14. JP Lewis, 13. Jerome Pretorius, 12. Hennie Skorbinski (kaptein), 11. Ruwellyn Isbell, 10. Kobus Marais, 9. Reynier van Rooyen, 8. Willie Engelbrecht, 7. Thembelani Bholi, 6. Chris Cloete, 5. Cameron Lindsay, 4. Stefan Willemse, 3. Pieter Scholtz, 2. Mark Pretorius, 1. De-Jay Terblanche (onderkaptein). Bank: 16. Frankie Herne, 17. Khwezi Mona, 18. Hugo Kloppers, 19. Brian Shabangu, 20. Theo Maré, 21. Sias Ebersohn, 22. Devon Williams.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.