Louw geskors, maar reg vir die Boktoer

Francois Louw – drie weke geskors en vir die Boktoer beskikbaar (Foto: Twitter @flolouw)

Francois Louw, wat in die laaste toets teen die All Blacks vir die Springbokke agsteman gespeel het, sal wel aan die einde van die jaar saam met die Bokke teen Ierland, Frankryk Italië en Wallis kan speel.

Louw is na Saterdag se wedstryd vir Bath teen Benetton uitgewys dat hy kontak met ʼn teenstander se oog sou gemaak het.

Hy het Woensdag voor ʼn dissiplinêre komitee verskyn vir die oortreding wat ʼn skorsing van tot 52 weke kan beteken.

Louw het skuld erken.

Die verhoorkomitee het toe nadat ʼn video van die voorval bestudeer is en vertoë van Louw, Bath-rugbyklub se regsverteenwoordiger en die spanbestuurder aangehoor is, besluit op ʼn skorsing van drie weke.

Hulle het bevind dat die oortreding ʼn rooi kaart sou regverdig het, maar dat dit op die onderste vlak van Wêreldrugby se voorstel vir strafoplegging was waar die intree-straf vir die oortreding vier weke is.

Omdat Louw nie ʼn vleklose dissiplinêre rekord het nie, is beslis dat hy net een week “afslag” sal kry en dus vir drie weke nie mag speel nie. Hy sal op 6 November weer mag speel – en is dus beskikbaar vir die Springbokke se eerste toets op 11 November teen Ierland.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lione ·

Dit is 100% met die “tot 52weke” dis om vuil spelers soos dié afteskrik. Niemand sal sommer die volle 52weke kry nie, dis die max.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.