LRU-liga: Zeerust slaan voorste aanslag af

Zeerust, die verdedigende kampioen, het Saterdag die aanslag van sy vernaamste uitdager in die Luiperdsrugbyunie (LRU) se Jaap Steynreeks afgeslaan.

Hy het sy kragmeting teen Rustenburg Warriors met 36-14 gewen.

Ouboet Schutte, die sekretaris van Zeerust, bestempel dit as ‘n klipharde, skoon wedstryd tussen die voorlopers.

Louis (Viking) Swanepoel, Jacques Cilliers, Zann Diedericks en Lee Win Meyer het vir die wenspan drieë gedruk en ‘n strafdrie is aan hom toegeken.

Rudolf Oosthuizen het drie verdoel en met ‘n strafdoel geslaag.

Warriors se drieë is deur Nelius Fick en Stephanus Anderson gedruk, en Jeandré du Plessis het albei verdoel.

In sy vorige wedstryd het Zeerust met 31-0 met Klerksdorp III afgereken.

Scutte sê Zeerust het dié keer in die eerste helfte gesukkel (rustydtelling 3-0), maar impakspelers soos Giggs Kassanga en Diedericks het ‘n groot verskil gemaak.

Andrew Humphries, Lourie Strydom en Diedericks (twee) het die doellyn oorgesteek, en Oosthuizen het met vier doelskoppe en ‘n strafdoel geslaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.