Luiperds: drie uit drie nie altyd goed genoeg

Drie uit drie is nie altyd goed genoeg nie, leer die Luiperds se Jaap Steynliga ʼn mens – selfs nie vir ʼn kampioen nie.

Hoewel die titelhouer, Zeerust, tot dusver vanjaar al sy wedstryde gewen het, het hy net een bonuspunt verdien. Matlosana (die rugbyakademie op Klerksdorp) het ook drie gewen, maar drie bonuspunte ingeoes en is gevolglik die vroeë voorloper in die liga.

Zeerust het sy kragmeting Saterdag tuis teen Koster met 34-5 gewen. Ouboet Schutte, die voorsitter van Zeerust, sê Zeerust se impakspelers het op die ou end die deurslag tot die sege gegee.

Die slot Marnus Joubert en die kaptein Andre Swart het vir die wenspan uitgeblink.

Zann Diedericks, André Swart, Rudolf Oosthuizen (twee), Dirk Swart en Siegie Schutte het Zeerust se drieë gedruk. Oosthuizen en Diedericks het elk met ʼn doelskop geslaag.

Gert Muller het Koster se drie gedruk.

Ander uitslae –

Neserliga

Eerste spanne: Lichtenburg 27, Lonmin 19; Hartbeesfontein 40, Potchefstroom-Dorp 12; Fochville 29, Vryburg 17.

Tweede spanne: Lonmin 28, Lichtenburg 0.

Jaap Steynliga

Matlosana 39, Westonaria 25; Hurricanes (Stilfontein) 74, Ikageng 0; Rustenburg Warriors 35, Klerksdorp III 6.

Arthur Breakfastliga

Eerste spanne: Orbit College 17, Harmony 14; Wes-Wits Cheetahs 29, Kloof 0; South Deep 28, Khuma 0.

Tweede spanne: Wes-Wits 28, Kloof 0.

Opgesomde punteleer –

Neserliga

Eerste spanne: Fochville 5, Vryburg 5, Hartbeesfontein 5, Potch-Dorp 5, Lichtenburg 4, Lonmin 2.

Tweede spanne: Fochville 5, Lonmin 5, Potch-Dorp 5, Mafikeng 0, Lichtenburg 0.

Jaap Steynliga

Matlosana 15, Zeerust 13, Hurricanes 10, Rustenburg Warriors 10, Westonaria 7, Potchefstroomse Landboukollege 6, Klerksdorp III, Koster 4, Leeudoringstad 0, Potch Tigers (Promosa) 0, Ikageng 0.

Arthur Breakfastliga

Eerste spanne: Wes-Wits 15, South Deep 10, Harmony 7, Orbit College 6, Kloof 4, Driefontein 0, Khuma 0.

Tweede spanne: Driefontein 8, Wes-Wits 6, Harmony 2, Kloof 2, South Deep 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.