Luiperds: kampioen buig knie voor Lichtenburg

Lichtenburg (streeptruie) maak seker van `n bal teen Lonmin. (Foto: Thea de Beer)

Lichtenburg (streeptruie) maak seker van `n bal teen Lonmin. (Foto: Thea de Beer)

Die Luiperds se Neserbekerkampioen, Lonmin, moes Saterdag die knie buig voor verlede jaar se naaswenner, Lichtenburg.

Laasgenoemde het die taai kragmeting op Mooinooi 23-20 gewen.

Darius Venter, die hoofafrigter van Lichtenburg, sê sy spelers het hul harte uitgespeel, en veral Tjaart Benade (buitesenter), Marnus Venter (flank) en JG ten Cate (heelagter), wat die wenskop geskop het, het die oog gevang.

Heinz van Heerden en Stephno Jansen van Vuuren het die wenspan se drieë gedruk en Ten Cate het met twee doelskoppe en drie strafdoele vir die ander 13 gesorg.

Lichtenburg se tweede span het 29-17 gewen.

Jan-Wessel Meyer het 14 punte met twee drieë en twee doelskoppe behaal.

Gerhard Coetzee, Reinhardt Oosthuizen en Jannie Meyer het die ander drieë gedruk.

♦ Dit was Lonmin se eerste wedstryd vanjaar.

Akhona Kave, die voorsitter van Lonmin, sê byna al sy spelers het in en ná die Paasnaweek nog eers in hul tuisdorpe rugby gespeel.

Hy vertrou die span sal vanjaar weer die wa deur die drif kan trek.

Ander uitslae –

Neserbeker

Eerste spanne: Leeudoringstad 20, Vryburg 15; Potchefstroom-Dorp 20, Fochville 18.

Tweede spanne: Fochville 26, Potch-Dorp 12.

Jaap Steynbeker

Zeerust 59, Matlosana 0; Westonaria 50, Koster 0; Hurricanes 58, Potch Tigers 7.

Opgesomde punteleer –

Neserbeker

Eerste Liga

Lichtenburg 9, Vryburg 5, Potch-Dorp 4, Leeudoringstad 4, Fochville 2, Lonmin 1.

Tweede Liga

Lichtenburg II 9, Mafikeng 5, Fochville II 4, Lonmin II 0, Potch Dorp II 0, Leeudoringstad II 0.

Jaap Steynliga

Zeerust 10, Hurricanes (Stilfontein) 10, Westonaria 7, Klerksdorp o.21 7, Coligny 5, Matlosana 4, Potch Tigers 2, Rustenburg Warriors 0, Ikageng 0, Koster 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.