Luiperds se uitvoerende hoof bedank

Andries de Kock (uittredende uitvoerende hoof), André May (president) en Eugene Fourie (waarnemende uitvoerende hoof). (Foto: Luiperds)

Die Luiperds se uitvoerende hoof het bedank, sê die bond in ʼn verklaring wat Dinsdag in Potchefstroom uitgereik is.

Andries de Kock het ná drie jaar besluit om af te tree, nadat hy aanvanklik net vir ses maande aangestel is om te help om die Luiperds se geldsake reg te ruk.

Dit tree Vrydag in werking, en hy en sy vrou, Helene, gaan hulle in Hartenbos vestig, waar hul kinders woon.

Luidens die verklaring het De Kock se kundigheid die Luiperds gehelp “om deur moeilike waters te seil, tot daar waar die Luiperds hulle uiteindelik in kalm waters bevind, ondanks gebrekkige finansiële ondersteuning van die kant van die SA Rugbyunie (Saru) af”.

Eugene Fourie, die huidige bestuurder van amateurrugby in die bond, sal as uitvoerende hoof waarneem, tot ʼn permanente aanstelling gedoen word.

De Kock het ingestem om tot 30 November 2018 deeltyds as raadgewer aan te bly, veral ten opsigte van skakeling met die SA rugbywerkgewersorgnisasie (Sareo).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.