Rustenburg Warriors het Donderdag in `n kragmeting in die Luiperds se Jaap Steynliga kort mette met Coligny gemaak.
Die tuisspan het 49-17 gewen.
Renier Ras, die president van Warriors, sê die span het puik saamgespeel en die ondersteuning en verdediging was eenvoudig van die boonste rak.
“Die beste voorspeler was Francois Nickolas, wat twee drieë gedruk het.
“Eon Viljoen was buitengewon goed as losskakel. Hy het die teenstanders se spel briljant gelees, sy taktiese skopwerk was onbesproke en hy die een ná die ander skitterende aanvalsgeleentheid vir die agterlyn geskep.”
Ras sê ander spelers wat uitgemunt het, was JJ Sherman, Damien Devaney, Kobus Ferreira, Werner Venter, Darius Bekker en Divan van Niekerk.
Sherman het 12 punte met twee drieë en `n doelskop behaal
Die ander drieë is deur Devaney, Bekker en Sipho Mama gedruk.
Roald Appelgryn se ses doelskoppe het nog 12 punte bygedra.