Luiperds: Warriors maak kort mette met Coligny

rustenburg warriorsRustenburg Warriors het Donderdag in `n kragmeting in die Luiperds se Jaap Steynliga kort mette met Coligny gemaak.

Die tuisspan het 49-17 gewen.

Renier Ras, die president van Warriors, sê die span het puik saamgespeel en die ondersteuning en verdediging was eenvoudig van die boonste rak.

“Die beste voorspeler was Francois Nickolas, wat twee drieë gedruk het.

“Eon Viljoen was buitengewon goed as losskakel. Hy het die teenstanders se spel briljant gelees, sy taktiese skopwerk was onbesproke en hy die een ná die ander skitterende aanvalsgeleentheid vir die agterlyn geskep.”

Ras sê ander spelers wat uitgemunt het, was JJ Sherman, Damien Devaney, Kobus Ferreira, Werner Venter, Darius Bekker en Divan van Niekerk.

Sherman het 12 punte met twee drieë en `n doelskop behaal

Die ander drieë is deur Devaney, Bekker en Sipho Mama gedruk.

Roald Appelgryn se ses doelskoppe het nog 12 punte bygedra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.