Die Luiperds het hul ondersteuners laat glo dat daar nog halfeind-hoop is vir hulle nadat hulle die Down Touch Griffons op Profert Olenpark in Potchefstroom met 40-33 (rustyd 19-14) gekop het.
Die Luiperds het nou opgeskuif na die derde posisie op die puntelys, twee punte voor die Arende en vyf punte agter die OP Kings.
Dit was broekskeur om hier te wen want dit was na 67 minute nog 33-elk. .
Daar is altesaam 11 drieë in die wedstryd gedruk.
PUNTEMAKERS:
Luiperds – Drieë: Jarred Buys, Edmar Marais (2), Danie Dames, Edgar Marutlulle, Brendon Snyman; Doelskoppe: Buys, Adriaan Engelbrecht (4).
Griffons – Drieë: Innes Kritzinger, AJ Le Roux (2), Norman Nelson, Schalk van der Merwe; Doelskoppe: Franna du Toit (4).