Luiperds werk hard teen Griffons

Curriebeker-bal

Die Luiperds het hul ondersteuners laat glo dat daar nog halfeind-hoop is vir hulle nadat hulle die Down Touch Griffons op Profert Olenpark in Potchefstroom met 40-33 (rustyd 19-14) gekop het.

 

Die Luiperds het nou opgeskuif na die derde posisie op die puntelys, twee punte voor die Arende en vyf punte agter  die OP Kings.

Dit was broekskeur om hier te wen want dit was na 67 minute nog 33-elk. .

 

Daar is altesaam 11 drieë in die wedstryd gedruk.

 

PUNTEMAKERS:

 

Luiperds – Drieë: Jarred Buys, Edmar Marais (2), Danie Dames, Edgar Marutlulle, Brendon Snyman; Doelskoppe: Buys, Adriaan Engelbrecht (4).

 

Griffons – Drieë: Innes Kritzinger, AJ Le Roux (2), Norman Nelson, Schalk van der Merwe; Doelskoppe: Franna du Toit (4).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.