Luiperds wil rugby op platteland red

Die Luiperds werp alles in die stryd om rugby op die platteland te red.

Die bond sê in ʼn verklaring wat op Potchefstroom uitgereik is, daar bestaan nie meer ʼn liga vir die platteland-spanne nie, maar die Luiperds-platteland speel al die afgelope drie jaar teen die nasionale span van Botswana.

Vanjaar se kragmeting is 15:00 op 15 September by die Mafikeng-rugbyklub.

Die voorwedstryd is tussen Botswana o.17 en ʼn o.17-span van Mafikeng.

Luidens die verklaring is die Luiperds ook deel van die Blou Bulle se driehoekige plattelandse reeks waaraan hulle saam met die Bulle en Limpopo deelneem. Dit vind op 21 en 22 September by die Tuine-rugbyklub in Pretoria plaas.

Spelers van Klerksdorp, Potchefstroom-dorp, die Landboukollege, Fochville, Westonaria, Lonmin, Hurricanes (Stilfontein), Hartbeesfontein, Lichtenburg, Leeudoringstad, Vryburg, Koster en Zeerust word vir die span oorweeg.

Van die spelers lê oor die 200 km af om spanoefeninge in Klerksdorp by te woon.

Die Luiperds-plattelandspan –

HP Ackerman (Klerksdorp), Jaco Strydom (Hurricanes), Richard Larkens (Klerksdorp), Molly Bartman en Bazil Malapu (Lonmin), Marnus Venter (Potch-dorp), Kyno Vika en Morné Roos (Klerksdorp), Jan Wessel Meyer (Lichtenburg), Deon van Zyl (Potch-dorp), Johan Loock en Jaco de Waal (Landbou), Petrie du Plessis en Kaygee Mathe (Klerksdorp) en Stiaan Joubert (Potch Dorp). Res van groep:  JT Basson (Leeudoringstad), Jazzy Khululekile (Lonmin), George Marich en Loekie Pieterse (Klerksdorp), Danie Viljoen (Lichtenburg), Rudi von Abo (Potch-dorp), Hendrikus Viljoen (Leeudoringstad), Sias Morkel en Pieter Ranft (Hurricanes), Dwayne Robbertse (Hartbeesfontein). Afrigters: Jaco Carelzen (Leeudoringstad) en Darius Venter (Lichtenburg). Bestuurder: Loumé Vermeulen (Stilfontein). Visepresident Plattelandrugby: Christo Mienie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hennig ·

Die Luiperds moet eerder op hul spel fokus, wedstryde begin wen en ondersteuners na hul wedstryde lokwen as om elders diens te doen …

Piet de Jager ·

Hallo!
Die Luiperds het hulle eerste drie wedstryde in die eersteliga gewen en loop voor!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.