Luiperds: Zeerust hoop víérde maal is skeepsreg

zeerustDrie maal was nie, daarom sal Zeerust Saterdag op sy tuisveld hoop víér maal is skeepsreg.

Die span is die vierde agtereenvolgende keer in die eindstryd van die Luiperds se Jaap Steynliga nadat hy Coligny verlede Saterdag 66-0 in die halfeindstryd oorrompel het.

Jaco Smit, die voorsitter van Zeerust, sê die wedstryd is tien minute vroeg gestaak kragtens `n reël wat die wedstrydbeamptes magtig om dit te doen.

Zeerust het tien drieë gedruk en agt verdoel.

Smit sê dit was `n totale spanpoging en geen speler kan uitgesonder word nie, “al 23 was briljant in die halfeindstryd”.

Zeerust durf Westonaria Saterdag in die eindstryd aan, en hoewel Westonaria Zeerust in die ligafase 14-12 op Westonaria geklop het, glo Smit Zeerust kan die bordjies verhang.

“Dis `n heel ander Zeerust-span as die een wat twee maande gelede teen die einste Westonaria verloor het.

“Zeerust se vorige drie pogings om die beker te wen, was almal wegwedstryde en dié sal die eerste keer wees dat hy tuis in `n eindstryd speel.

“Klubrugby op dié klein dorpie is gesond en die paviljoene is naweek ná naweek volgepak,” het hy aan Pale Toe! gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.