Luiperdsklubs sal Saterdag van opskuiwing weet

luiperdsDie Luiperds se senior klubs sal Saterdag weet watter een op bevordering tot die Luiperds-Griffonsoorgrensliga aanspraak maak, wanneer die laaste ronde van die bepalende Presidentsliga afgehandel word.

Lichtenburg en Potchefstroom-Dorp, die twee aanspraakmakers, speel onderskeidelik op Orkney en Potchefstroom teen Vaal Reefs en Klerksdorp, die twee spanne wat reeds in die oorgrensliga speel.

Die liga het tot dusver nie juis verras nie, behalwe dalk dat die bond se Neserbekerwenner, Lichtenburg, onverwags ver met 47-14 teen Potch-Dorp, verlede jaar se naaswenner, geseëvier het.

Vaal Reefs, wat verlede jaar die beste van die Luiperdsklubs in die oorgrensliga gevaar het, is bo aan die punteleer, met Klerksdorp tweede en Lichtenburg derde.

Naas die Luiperdsklubs in die Luiperds-Griffonsoorgrensliga, speel die NWU Pukke al jare lank in die Goue Leeus se Pirates-grootuitdaagreeks, en Rustenburg Impala het die afgelope twee jaar ‘n tuiste by die Blou Bulle se klubrugby gevind.

Uitslae tot dusver –

Eerste spanne: Vaal Reefs 19, Potch-Dorp 0; Klerksdorp 26, Lichtenburg 18; Lichtenburg 47, Potch-Dorp 14; Vaal Reefs 13, Klerksdorp 8.

Tweede spanne: Klerksdorp 75, Lichtenburg 12; Potch-Dorp 12, Vaal Reefs 7; Klerksdorp 29, Vaal Reefs 25; Potch-Dorp 47, Lichtenburg 0.

Opgesomde puntelere –

Eerstespanne: Vaal Reefs 8, Klerksdorp 6, Lichtenburg 5, Potch-Dorp 0.

Tweedespanne: Klerksdorp 10; Potch-Dorp 9; Vaal Reefs 3; Lichtenburg 0.

Die volledige puntelere is beskikbaar by www.sportlog.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.