Luiperdsliga: dieselfde twee betwis Jaap Steyn

Dieselfde twee spanne wat verlede jaar die eindstryd om die Luiperds se Jaap Steynbeker betwis het, spring weer vanjaar aanmekaar.

Ouboet Schutte, die sekretaris van Zeerust, die verdedigende kampioen, laat weet Westonaria sal nes verlede jaar sy span se teenstander wees.

Zeerust het Leeudoringstad in ʼn moordende halfeindstryd met 33-27 verslaan.

André Swart, Jacques Cilliers, Lourie Strydom en Arie Steenkamp het die wenspan se drieë aangeteken. Rudolf Oosthuizen het 13 punte behaal deur twee te verdoel en met drie strafdoele te slaag.

Vir die Leeutjies het Erick Hough 14 punte met vier strafdoelle en ʼn doelskop behaal. Petru du Plessis en Werner Kriek het elk `n drie gedruk, en Cobbs Pretorius het nog ʼn strafdoel bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Piet de Jager ·

Nou wat het in ander halfeind gebeur? Of gee die geagte Luiperds nie meer inligting aan die media nie? Wanneer word die eindstryd gespeel? Is Westonarea nie in Gauteng (Leeus) area nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.