Luiperdsliga: groot uitdaging wag op Warriors

Pieter du Plessis, slot van Rustenburg Warriors, vat die bal in `n lynstaan teen Potch Tigers, ondersteun deur  Tiaan  du Plessis (8) en Dumi Ncube (1) terwyl Christo Meyer (3), Divan van Niekerk (7) en Niel Koegelenberg (23) toekyk.

Pieter du Plessis, slot van Rustenburg Warriors, vat die bal in `n lynstaan teen Potch Tigers, ondersteun deur Tiaan du Plessis en Dumi Ncube (1) terwyl Niel Koegelenberg, Divan van Niekerk (7) en Christo Meyer (3) toekyk.

`n Groot uitdaging wag Saterdag op die Rustenburg Warriors wanneer hy in sy laaste wedstryd in die Jaap Steynliga op die Hoërskool Rustenburg se veld teen Westonaria kragte meet.

Westonaria is tans derde op die punteleer met 28 punte en die Warriors vyfde met 24. `n Goeie bonuspuntsege kan die Rustenburgers die derde plek besorg, maar dan moet die besoekers sonder een huis toe gaan. Dusver het Westonaria (agt) heelwat beter as die Warriors (vier) in hierdie opsig gevaar en die tuisspan sal sy spelpeil aansienlik moet lig.

Die Warriors het die afgelope Saterdag vir Potch Tigers 19-5 op Promosa geklop.

Reinier Ras, die Warriors se president, sê die span het stadig begin en was rustyd 7-0 voor.

“Die Warriors se goeie ondersteunende spel en volgehoue verbete aanvalswerk en goeie verdediging het eindelik die oorwinning teen `n gedugte  Tigers-span verseker.”

Tiaan du Plessis was die voorspeler van die wedstryd met sy baie goeie werk in die skrums, lynstane en losspel en sy uitmuntende verdediging. Die agterspeler van die wedstryd was Rhyno Venter met sy goeie verdediging en puik taktiese skoppe. Albei het 80 minute lank met hul goie werk volgehou.

Danie du Preez,  Divan van Niekerk en Rhyno Venter het `n drie en Darius Bekker en JJ Sherman elk `n doelskop vir die wenspan behaal.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.