Luiperdsliga: kampioen spring op wennoot weg

Die houer van die Luiperds se Jaap Steynbeker het Saterdag die nuwe seisoen op ʼn wennoot weggespring in ʼn wedstryd wat in ʼn baie goeie gees afgehandel is.

Zeerust het Leeudoringstad in die Leeutjies se lêplek met ʼn oortuigende telling van 22-6 geklop.

Ouboet Schutte, die kampioen se voorsitter, sê Zeerust se fiksheid en sy oorheersing by die afbreekpunte het die grondslag vir die sege gelê.

“Giggs Kassanga (flank) was oral op die veld, en het baie balle van die teenstanders afgeneem.

“André Swart, die wenspan se kaptein en senter, het Zeerust deurentyd oor die voordeellyn gekry.”

Zann Diedericks het nege van Zeerust se punte met ʼn drie en twee doelskoppe behaal. Swart en Hennie Hattingh het die ander drieë gedruk en Rudolf Oosthuizen het met ʼn strafdoel geslaag.

Leeudoringstad se punte het van twee strafdoele deur Erick Hough gekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.