Luiperdsliga: Lichtenburg spring puik weg

Lichtenburg val aan teen Leeudoornstad.

Lichtenburg val aan teen Leeudoornstad.

Lichtenburg, verlede jaar se naaswenner, het Saterdag puik weggespring in die Luiperds-rugbyunie (LRU) se Neserliga.

Hy het Leeudoornstad grotendeels oorheers in `n uiters fisieke wedstryd wat hy 43-13 gewen het.

Darius Venter, die klub se hoofafrigter, sê die Leeutjies het wel met hul groot voorspelers probeer dryf en selfs een of twee keer baie ver gevorder, maar die losvoorspelers en agterlyn van Lichtenburg het baie meters gewen elke keer as hulle aangeval het.

“Die vaste vyf het soos altyd hul kant gebring en verseker dat die agterlyn goeie balle kry.”

`n Swaar slag het die wenspan getref toe sy senter Cody Mulligan in die negende minuut ernstig in `n duikslag beseer is.

Lichtenburg het sewe drieë teen Leeudoringstad se twee gedruk.

JG ten Cate het 13 punte met `n drie en vier doelskoppe aangeteken. Kobus Wolfaardt, Tjaart Benade (twee), Marnus Venter, Vean Roodt en André Slabbert het die ander drieë gedruk.

♦ In die ander Neserbekerwedstryd Saterdag het Vryburg 22-20 teen Fochville gewen.

Ander uitslae –

Jaap Steynbeker

Zeerust 38, Rustenburg Warriors 0; Stilfontein 29, Koster 10; Koster 10-29 Stilfontein; Klerksdorp o.21 19, Potch Tigers 19; Coligny 29, Westonaria 26; Matlosana 21, Ikageng 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Reinier W Ras ·

Baie geluk aan al die wen spanne en ons bid vir Cody en familie en sterkte vir jul klub ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.