Luiperdsliga: verloorspan stap vroeg van veld af

Zeerust het in sy jongste wedstryd sy teenstander so moeg gehardloop dat dié tien minute voor die bestemde tyd tou opgegooi het.

Die Luiperds se verdedigende Jaap Steyn-kampioen het 13 drieë teen Ikageng gedruk en die wedstryd met 83-0 gewen.

Ouboet Schutte, die klubsekretaris van Zeerust, som die wedstryd met ʼn enkele woord op: “eenrigtingverkeer”.

“Ikageng het die veld met tien minute speeltyd oor verlaat.”

Louis (Viking) Swanepoel en Lourie Strydom het elk drie drieë gedruk. Andrew Humphries, Henno Coetzee, Hein Kruger, Christo Labuschagne,

Rudolf Oosthuizen het nege verdoel om 18 punte aan te teken.

Opgesomde punteleer –

Zeerust 32, Rustenburg Warriors 24, Potch-landbou 22, Westonaria 22, Matlosana 17, Hurricanes 15, Koster 15, Leeudoringstad 14, Klerksdorp III 11, Potch Tigers 4, Ikageng 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.