Luiperdsliga: voorloper steeds op die wenpad

vryburgDie voorloper in die Luiperds se Neserliga is ná vier wedstryde nog nie geklop nie.

Lichtenburg het sy segetog Saterdag op `n baie koue en nat Vryburg voortgesit deur die tuisspan 33-3 te klop.

Darius Venter, die klub se hoofafrigter, laat weet Stephno Jansen van Vuuren (twee), Kobus Wolfaardt, Jan-Wessel Meyer en Cassie Labuschagne het die wenspan se drieë gedruk.

JG ten Cate het een verdoel en met twee strafdoele geslaag.

Venter sê die tweede span het bloot `n vriendskaplike wedstryd gespeel wat Vryburg 22-7 gewen het.

Jaap Steynliga

♦ Reinier Ras, die president van Rustenburg Warriors, berig Warriors is Saterdag op Potchefstroom 26-20 deur Ikageng geklop.

rustenburg warriorsNes op Vryburg was dit nat en koud en Ras sê die veld was vol waterplasse.

“Die nat bal en koue weer het hantering bemoeilik en Ikageng was rustyd 7-3 voor.

“Die Warriors was die laaste 15 minute op die aanval, maar is so naby aan die doellyn deur hul hantering in die steek gelaat.”

Ras sê Christo Brunette was die voorspeler van die wedstryd met sy baie goeie skrumwerk teen `n voorryman wat twee keer so groot soos hy was, en goeie dryf- en verdigingswerk.

“Die beste agterspeler was Darius Bekker wat puik aangeval en rotsvas verdedig het.”

Kobus Ferreira en Divan van Niekerk het drieë vir die Warriors gedruk. Roald Appelgryn het albei verdoel en met twee strafdoele geslaag om tien punte agter sy naam te plaas.

Opgesomde punteleer –

Neserliga

Eerste spanne

Lichtenburg 19, Potchefstroom-Dorp 15, Vryburg 11, Lonmin 7, Leeudoringstad 5, Fochville 3.

Tweede spanne

Lichtenburg 20, Potch-Dorp 13, Mafikeng I 11, Fochville 8, Lonmin 6, Leeudoringstad 1, Vryburg 0, Hartebeesfontein I 0.

Kyk volledige punteleer by http://sportlogs.co.za/leopards/neser-league-log/.

Jaap Steynliga

Hurricanes (Stilfontein) 24, Zeerust 21, Westonaria 20, Coligny 16, Kleksdorp o.21 12, Rustenburg Warriors 11, Ikageng 5, Koster 5, Matlosana 5, Potch Tigers (Promosa) 2.

Kyk volledige punteleer by http://sportlogs.co.za/leopards/jaap-steyn-league/.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.